Maak die knoffel, brandrissie, komyn, koljander, vinkel en kruisement met ’n stamper en vysel fyn. Voeg dié speserymengsel by die maalvleis en meng in ’n groot mengbak.
Voeg die wortels,Weet-Bix en eier by en geur met sout en swartpeper.
Maak jou hande effens nat en vorm die maalvleis in okkerneutgrootte balletjies. Bedek met kleefplastiek en laat in die yskas rus tot effens geset.
Verhit die olie in ’n pan en braai die vleisballetjies - ’n paar op ’n slag - vir 3-4 min. daarin. Hou eenkant.
Sous 5 Verhit die olie in ’n middelslagpan en braai die uie vir 5-8 min. daarin tot goudbruin. Voeg die knoffel en kerriepoeier by en braai vir nog 5 min oor lae hitte. Voeg die tamaties en aftreksel by en geur met sout en peper. Sit die vleisballetjies in die sous en laat vir sowat 30 min prut. Sit warm voor met rys.