Stap 1: Kry jou geld agtermekaar
Maak seker dat jy:
- ’n Gesonde kredietrekord het
- Spaar vir ’n deposito
- Bepaal wat jy kan bekostig
- Begroot vir addisionele kostes
- Vooraf goedkeuring vir ’n huislening kry
Klik hier om meer uit te vind.
Stap 2: Jou droomhuis in jou visier
Weet wat jou begroting behels.
Hier is ’n handige lys van 12 dinge om in gedagte te hou terwyl jy na jou huis op soek is.
Besluit of jy deeltitel of volle besit wil koop. Hierdie gids verduidelik beide.
Klik hier om meer uit te vind.
Stap 3: Huislening kundigheid
Inligting wat finansiële instellings nodig het:
Finansiële instellings (soos banke) moet weet of jy ’n verband kan bekostig.
Die deposito en ander kostes
Banke benodig ’n deposito van tussen 10% en 30%, maar jy moet ook steeds begroot vir ander kostes.
Klik hier om meer uit te vind.
Stap 4: Om die ooreenkoms te sluit
Klik hier om meer uit te vind.
Voordat jy besluit om ’n aanbod op ’n eiendom te maak, moet jy baie seker wees dat jy die eiendom wil hê. ’n Getekende aanbod om te koop is ’n wetlik bindende kontrak.
Voordat jy ’n aanbod maak, moet jy hierdie vrae beantwoord:
- Is die huis se prys in lyn met soortgelyke eiendomme in die area?
- Hoeveel ander eiendomme in die area is te koop?
- Hoekom verkoop die eienaar?
- Hoe lank is die eiendom al op die mark?
- Hoeveel werk benodig die eiendom en wat sal dit kos?
Stap 5: Die wetlike aspekte
Klik hier om meer uit te vind.
Meeste van die dokumentasie word deur prokureurs hanteer, maar jy moet steeds verstaan wat jy teken. Dus moet jy vrae vra indien jy nie verstaan nie.
Welkom by jou nuwe tuiste!
Hierdie artikel verduidelik die aktebesorgingsproses duidelik.
Stap 6: Vat jou goed en trek!
Sukkel jy om van A na B te trek? Volg net hierdie stappe.
- Raak ontslae van alles wat jy nie meer wil hê of nodig het nie deur dit te verkoop of te skenk.
- Bespreek ’n betroubare trek-diens lank vooruit.
- Onthou om die bokse te merk sodat jy weet wat waarheen moet gaan!
- Pak slegs een boks op ’n slag in of uit.
- Maak jou nuwe huis skoon voor jy intrek.
Hulp wanneer jy dit nodig het
Die Private Property-toepassing is hier om te help! Laai dit van die app-winkel af en ontvang nuus oor nuwe eiendomme onmiddellik op jou persoonlike voer (feed) om jou volgende tuiste vinnig en moeiteloos op te spoor. Of jy jou eerste eiendom koop of al ’n gesoute belegger is, is hierdie net die toepassing vir jou.
Private Property: A Home for Everyone