‘Wie word ’n miljoenêr’: Gaan iemand dalk huis toe met R1 m?

Hein Viljoen van Bloemfontein se tydjie in die warm stoel is tydens die eerste episode deur die tydsduur kortgeknip en met die aanvang van hierdie episode sit hy weer daar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hy het aanbieder Rian van Heerden na sy asem laat snak toe hy sy eie vangnet in die eerste episode op R500 000 gestel het. Ja, daar’s nie tyd vir speletjies speel vir dié Vrystater op kykNET se Wie word ’n miljoenêr nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Terug in die warm stoel

“My kop is maar hard, Rian. Ek leer moeilik,” is Hein se antwoord oor hoekom hy onmiddellik vir daardie groot vangnet gemik het. Met die prysgeld nou op R70 000 noem Rian aan die gehoor dat Hein die afgelope twee jaar ernstige mediese prosedures ondergaan het.

Hein bevestig dat hy twee breinoperasies gehad het, waarop vlymskerp Rian wil weet of daar vir hom rekenaarskyfies ingesit is tydens die prosedures omdat hy hierdie vrae so goed antwoord.

Die vraag oor genl. Koos de la Rey se dood in 1914 lei daartoe dat Hein sy laaste hulplyn gaan inspan en skoonpa Ron is die een wat moet help. Ron antwoord dat die padblokkade opgestel was om die Foster-bende vas te trek. Dit is die regte antwoord vir R250 000!

Die vangnet-vraag vir R500 000 handel oor die letter P in die naam van die kettingwinkelgroep SPAR wat in 1932 deur Adriaan van Well in Nederland gestig is. Hein wik en weeg of hy halt gaan roep en of hy gaan deurdruk, al is hy onseker van die korrekte woord. Hy besluit om te speel en nie die R250 000 te vat nie.

“Ek gaan nou ’n R240 000-fout maak hier,” sê  hy en sê die letter P staan vir Producten. En Hein is reg, juis omdat hy verkeerd gekies het. Die P staan vir Profitering. Daarmee spat sy droom van ’n miljoen rand in skerwe.

Die ses spelers

  1. Jeanne Fourie (Stellenbosch)
  2. Deon Dixon (Strand)
  3. Lyndon Julius (Raithby)
  4. Riette Lindeque (Vereeniging)
  5. Francois van Dyk (Johannesburg)
  6. Louis Boshoff (Centurion)

Die eerste vinnigste vingers

Die gr. 2-onderwyseres, Jeanne (41), is eerste om die kunstefeeste binne 7.643 sekondes in chronologiese orde volgens die jaar waarin elkeen ontstaan het, te plaas. Haar antwoord oor haar gunsteling-tennisspeler, Steffie Graf, laat haar op die R10 000-kerf staan.

Sy kies haar tweede vangnet op die agtste vraag vir R25 000.

Die vraag oor die enigste produk wat Amazon.com in 1994 begin verkoop het, laat Jeanne die 50/50-hulplyn kies. Sy kan nie tussen boeke en speelgoed besluit nie – maar nadat die hulplyn speelgoed verwyder, kies sy boeke. En daardie antwoord bring die totaal op R15 000.

Jeanne wend haar na die gehoor om te help met die antwoord op watter menslike orgaan die ergste deur sistiese fibrose geraak word. Die gehoor kies longe en sy aanvaar dit as die antwoord. Haar keuse laat die geldbeurs na R20 000 styg.

Haar korrekte antwoord op Giuseppi Verdi se opera besorg haar R25 000 in die sak, die bedrag waarop sy haar tweede veiligheidsnet gestel het.

Sy is onseker oor die mees onlangse Suid-Afrikaanse skrywer is wat die Nobelprys vir Letterkunde gewen het en span haar laaste hulplyn in: ’n oproep aan een van haar vriende, Michelle. En dis boonop Michelle se verjaardag en Rian sing al te oulik vir haar. Michelle is oortuig die antwoord is Nadine Gordimer en Jeanne kies dit. Maar dis verkeerd – die antwoord is JM Coetzee.

Dis ’n gelukkige Jeanne wat met R25 000 in haar sak huis toe gaan.

Die tweede vinnigste vingers

Woorde moet rangskik word in die volgorde waarin dit in ’n titel van ’n Anneli van Rooyen-treffer voorkom. Dit het Riette net 3.439 sekondes geneem om dit reg te kry.

Riette (45) werk as ’n veiligheidsbestuurder in Vereeniging. Sy vorder flink deur die vrae tot waar sy moet aandui watter planeet die derde naaste aan die son is. Sy besluit om die gehoor om hulp te vra en hulle kies die aarde. Riette stem saam en dis natuurlik in die kol.

Sy vra vir Rian om hulp met Carl Jung se studieveld. Hy sê dis sielkunde en Riette gaan akkoord daarmee. So behaal sy haar R10 000-vangnet en stel haar volgende vangnet op vraag 8 vir R25 000.

Riette span haar laaste hulplyn in en vra vir 50/50 om die Amerikaanse president te kies wat die oudste was toe hy met sy eerste termyn begin het. Die twee moontlike antwoorde wat op die skerm oorbly, is Ronald Reagan en Joe Biden. Riette is oortuig dat dit Biden is en sy skuif op na R15 000.

Alhoewel sy nie ’n drankie geniet nie, is sy in die kol met garingboom wat gebruik word om tequila te maak en skuif haar totaal op na R20 000 en haar volgende vraag is haar vangnet-vraag.

Maar gaan sy weet watter gholfspeler het met 18 oorwinnings die meeste major-titels ingepalm? Riette sê sy kyk glad nie gholf nie en dat sy kan raai – maar as sy verkeerd is, val haar prysgeld na R10 000. As sy nou volstaan en nie antwoord nie, is daar R20 000 wat op haar wag.

Sy waag dit wel met ’n raaiskoot dat dit Tiger Woods kan wees. Maar sy slaan die putjie  mis want dis Jack Nicklaus wat met daardie rekord spog. Daar is darem die troosprys van R10 000 wat saam met haar huis toe gaan!

Wie word ’n miljoenêr word Woensdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Lees ook: Ilse Klink oor haar ‘Suidooster’-karakter: Dié sakevrou gaan dinge laat gebeur

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid – en wat jy daaraan kan doen

Dit is belangrk dat jy weet wat die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid is.

8 hours Gelede

Die beste mediese fonds vir enkellopende vrouens

As enigste versorger, kan mediese uitgawes 'n groot impak op hul finansies hê, daarom is…

13 hours Gelede

8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek

In `n vinnig veranderende wêreld waar nuwe uitdagings voortdurende voorkom en dringende oplossings verg, is…

14 hours Gelede

Bateleur is voël van die jaar en top wyn-etiket

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Dis die Bateleur Chardonnay 2020 wat daardie gesogte…

1 day Gelede

Vis: Kook een keer, eet drie keer

Nie seker wat om met oorskiet-vis te doen nie? Ons wys jou hoe jy een…

2 days Gelede

Gesonde rotskoekies

Bestanddele   325 ml (225 g) koekmeel ’n knypie sout 5 ml (1 t) koeksoda…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.