Jou kroeserige hare dryf jou dalk teen die mure uit. Ons wys jou hoe om dit glad te kry, in net vier stappe.
Stap 1
.jpg)
Gebruik ’n jel of serum op klam hare en verdeel jou hare in seksies.
Stap 2
.jpg)
Begin agter en blaas jou hare met behulp van ’n borsel van bo na onder droog. Onthou om die punt van die haardroër onder toe te hou.
Stap 3
.jpg)
Spuit elke seksie waarmee jy klaar is, met ’n hittebeskermingsproei. Dit sal help om in die volgende stap jou hare teen die haaryster te beskerm.
Stap 4

Verdeel jou hare weer en trek ’n kam deur elke seksie hare om seker te maak daar is geen koeke nie. Trek laastens ’n haaryster deur jou hare.