Stap 1
Wend mousse of enige ander produk wat jou wortels lig, aan klam hare. Kies produkte met die woorde “body” of “lifting” in die beskrywing.
Stap 2
Hou jou kop onderstebo en blaas jou hare droog terwyl jy dit met jou vingers frommel. As jy lang hare het, kan jy ’n borsel met ’n plat spaan (paddle) gebruik om jou hare van jou kop tot by die punte (steeds kop vooroor) droog te blaas. Wanneer jy klaar is, hou jou kop nog sowat tien sekondes onderstebo sodat jou hare koud kan word, of blaas dit met jou haardroër op sy koue lug-stelling.
Stap 3
Kies ’n middel- tot groot rondeborsel wanneer jy die hare bo-op jou kop droogblaas. Dit gee ekstra volheid.
Stap 4
Lig ook jou wortels met jou vingerpunte.
Lees ook: 9 wenke vir hemelse hare