kategorieë: GebakGesondheid

Werk so met deeg

• Hoe kouer alles is, hoe beter. Gebruik yskoue botter en yskoue water. Deeg rol ook makliker op ’n koue werkvlak soos marmer uit. Jy kan selfs die rolstok in die yskas sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Werk altyd met jou vingerpunte en probeer die deeg so min moontlik hanteer, want jou hande maak die deeg warm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Druk die deeg effens platter en draai deeglik met kleefplastiek toe voor jy dit in die yskas sit, anders droog dit uit en breek wanneer jy dit uitrol.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Laat die deeg vir minstens 30 min. rus voor jy dit uitrol sodat die gluten (dit wat deeg elasties maak) ontspan en jy dit dus makliker kan uitrol.

• Wanneer jy deeg uitrol, moet jy die deeg in die rondte draai en nie die rolstok in verskillende rigtings druk nie. Rol die deeg voor jou uit, draai dit dan 90 grade na links of regs, en rol weer uit. Hou so aan tot jy ’n ronde stuk deeg het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Moenie te veel meel oor die werkvlak strooi nie. Vee die oortollige meel met ’n kwassie weg.

Toerusting waarsonder jy nie kan werk nie

• Paletmes of deegskraper
• Meelstrooier
• Kwassies
• ’n Goeie rolstok
• Kleefplastiek of sakkies

Heerlike resepte vir deeg

Soutdeeg met ’n heerlike sampioenvulsel

Staatmaker-koekiedeeg

Kerriehoenderpastei met maklike aartappeldeeg

Maak jou eie brooddeeg

Basiese soetkoekiedeeg

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

2 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

2 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

2 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

2 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.