• Hoe kouer alles is, hoe beter. Gebruik yskoue botter en yskoue water. Deeg rol ook makliker op ’n koue werkvlak soos marmer uit. Jy kan selfs die rolstok in die yskas sit.
• Werk altyd met jou vingerpunte en probeer die deeg so min moontlik hanteer, want jou hande maak die deeg warm.
• Druk die deeg effens platter en draai deeglik met kleefplastiek toe voor jy dit in die yskas sit, anders droog dit uit en breek wanneer jy dit uitrol.
• Laat die deeg vir minstens 30 min. rus voor jy dit uitrol sodat die gluten (dit wat deeg elasties maak) ontspan en jy dit dus makliker kan uitrol.
• Wanneer jy deeg uitrol, moet jy die deeg in die rondte draai en nie die rolstok in verskillende rigtings druk nie. Rol die deeg voor jou uit, draai dit dan 90 grade na links of regs, en rol weer uit. Hou so aan tot jy ’n ronde stuk deeg het.
• Moenie te veel meel oor die werkvlak strooi nie. Vee die oortollige meel met ’n kwassie weg.
Toerusting waarsonder jy nie kan werk nie
• Paletmes of deegskraper
• Meelstrooier
• Kwassies
• ’n Goeie rolstok
• Kleefplastiek of sakkies
Heerlike resepte vir deeg
Soutdeeg met ’n heerlike sampioenvulsel