kategorieë: Gesondheid

Wêreld Diabetes-dag

Diabetes affekteer nagenoeg 10% van die Suid-Afrikaanse bevolking. Terwyl hierdie persentasie wêreldwyd gelydelik vermeerder, is daar egter goeie nuus … Sekere keuses rondom ’n mens se lewenstyl kan die risiko van tipe 2-diabetes aansienlik verminder. Ons kyk na ’n paar wenke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat is diabetes?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Diabetes is ’n kondisie waar die liggaam sukkel om die suikervlak (glukose) in die bloed te beheer. Die liggaam vervaardig óf te min insulien, óf die insulien wat vervaardig word, werk nie behoorlik nie. Tipe 2-diabetes is die mees algemene diabetes-tipe (85-90% mense word hierdeur geaffekteer).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Anders as tipe 1-diabetes (wat gewoonlik tydens kinder- of tienerjare gediagnoseer word), en swangerskap-diabetes (wat tydens swangerskap voorkom en gewoonlik na geboorte verdwyn), is daar sekere lewenstylaanpassings wat gemaak kan word om die risiko vir die ontwikkeling van tipe 2-diabetes, te verminder.

Naazneen Khan (voeding- en gesondheidsbestuurder by Nestlé SA) se raad:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Verklein jou middel na 102 cm (mans), en 88 cm (vroue)
• Kry ten minste 2,5 ure se oefening in per week
• Eet meer groente en kies hoë-vesel en volgraanprodukte
• Verminder jou inname van vet en kies mono-onversadige, poli-onversadige en omega 3-vette soos olyf- en sonneblomolie
• Drink ten minste 1,5 tot 2 liter vloeistowwe per dag (water en suikerlose koffie en tee)
• Moenie te veel gewone suikerkosse eet nie (nie meer as 10% van jou daaglikse kalorieë nie)


Algemene simptome vir alle tipes diabetes

• Moegheid
• Toenemende dorsheid
• Gedurige urinering
• Hoofpyne
• Beenkrampe
• Toenemende honger

Het jy geweet?

’n Gemiddeld van 4-6 jaar gaan verby voordat diegene met tipe 2-diabetes die werklike oorsaak van hul kwale ontdek en diagnoseer.

Besoek www.nestle.co.za/nhw vir ’n lys kossoorte met ’n lae glukemiese indeks. Jy sal ook wenke vir ’n gesonde dieet optel.

As jy jou voeding- en gesondheidskennis wil toets, gebruik die WelNes IK-hulpmiddel by www.welnesiq.org

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Fluit-fluit, dié deelnemers se storie is uit…

In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…

11 hours Gelede

Bruintjie-kolwyntjies

Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer

20 hours Gelede

Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…

2 days Gelede

Romerige hoenderlasagne

Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic

2 days Gelede

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…

2 days Gelede

Schané Fouché: Skoonheid wat straal

Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet           Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.