1. Vermy lang, warm baddens
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hou eerder jou badwater louwarm en gebruik eerder ’n wateroplosbare produk wat jou vel sal bevogtig as ’n borrelbad met baie parfuum in. Probeer Epizone Bath and Shower Milk by uitgesoekte apteke en winkels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }2. Bevogtig terwyl jy was
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Vervang ’n koekie seep met ’n lyfwas wat ook bevogtig. Probeer Clicks Tissue Oil Body Wash.
3. Druk jou lyf droog
Moenie hard met jou handdoek oor jou lyf vryf nadat jy uit die bad of stort klim nie. Druk dit eerder droog.
4. Smeer dadelik lyfroom aan
Smeer lyfroom of -olie aan terwyl jou vel nog klam is om vog binne te hou. Probeer Eucerin Dry Skin Complete Repair Intensive Lotion 10% Urea of Bio-Oil.
5. Gebruik ’n hidrerende serum
Gebruik ’n serum wat hidreer voordat jy jou dag- of nagroom aanwend. Onthou, jy kan meer as een serum gebruik. Jy kan byvoorbeeld nog steeds jou teenverouderingserum gebruik (smeer dit eerste aan) en dan ’n hidrerende serum. Die goue reël by serums is om die serum wat jou hoof bekommernis aanspreek (soos teenveroudering of pigmentasie), eerste te gebruik en dan jou volgende serum. Jy kan ook een bedags en die ander een snags gebruik as jy nie tyd het vir meer as een serum nie.
6. Vervang jou vogroom met ’n ryker een
As jy bang is vir te veel vog of dat jou room nou te ryk gaan wees, vervang bv. slegs jou nagroom en nie jou dagroom ook nie. Probeer Clarins Hydra Quench Cream.
7. Moenie van jou hande vergeet nie
Ons hande word die heeltyd blootgestel aan wind en weer; die vel op ons hande is boonop dunner as die res van ons lyf en bevat minder oliekliere. Smeer sommer ekstra handeroom aan en dra handskoene as jy buite is.
8. Bly droog
Nat handskoene en sokkies kan jou vel skaaf, irriteer en inflamsie veroorsaak.
9. Bevogtig jou lippe gereeld
Gebruik ’n klam waslap om jou lippe liggies af te skilfer om ontslae te raak van dooie velletjies. Smeer jou gewone dag- en nagrooom oor jou lippe en gebruik ’n balsem soos Elizabeth Arden Eight Hour Intensive Lip Repair Balm wat ’n lagie los en keer dat vog ontsnap.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.