kategorieë: Gesondheid

Wenke vir ’n organiese leefstyl

Jy is waarskynlik bewus daarvan dat die kos wat jy by jou plaaslike supermark koop, gelaai is met verborge gifstowwe, preserveermiddels en/of hormone. Dit gebeur as voedsel in massas geproduseer, verpak en bewaar word en dan oor lang afstande vervoer word. Tydens die proses raak baie voedingswaarde verlore.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om oor te skakel na organiese produkte is nie so eenvoudig nie. Hier is wenke wat die proses vir jou sal vergemaklik:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ken jou boer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy by ’n supermark koop, weet jy waarskynlik nie waar die produkte in jou trollie vandaan kom nie. Om te keer dat jou gesin nie weglê aan hormone, antibiotika, plaagdoders en-onkruiddoder saam met hulle kos nie, besoek jou plaaslike boeremark of plaas, sê Sheryl Ozinsky van die Oranjezicht City Farm. By die mark en op die plaas kan jy vars produkte koop insluitend eiers, brood, kaas, groente of vrugte.

Ontkiem

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy nie ’n welige tuin het waar jy jou eie groente kan plant nie, kan jy uitgeloopte sade self kweek vir baie voedingswaarde. Jy kan die sade in jou kombuis laat uitloop. Dit is heerlik in slaaie, sê Daniel Jardim, stigter van Seasonal Cookery, wie se saadspruite, blomme en mange tout groot gunstelinge op sy spyskaart is. Sommige van die meer algemene sade is die Mung-boontjie, lusern (alfalfa), lensies en kekerertjies. Organiese sade kan by die meeste gesondheidswinkels of aanlyn gekoop word by www.sproutingseeds.co.za

Eet seisoenaal

As jy in die winter aspersies koop, is dit waarskynlik ingevoer. “Deur direk van ’n boer of by ’n plaaslike boeremark te koop, sal jy slegs toegang hê tot dit wat in seisoen groei. Dit sal vars wees,” sê Ozinsky.

Gesondheid … op die lewe

Kies vars, organiese produkte eerder as gekoopte goedere wat vir lang tye geberg is. Dit sluit wyn en ander alkoholiese drankies in. “Voor ’n wyn organiese kan wees, moet dit op ’n bepaalde manier geproduseer word,” sê Samuel Viljoen, Wynmaker van Earthbound, wat organiese wyne produseer. Dit sluit in korrekte plantmetodes en om uile te gebruik om plae te beheer pleks van om gif te gebruik. Behalwe wyn kan jy ook organiese jenewer, vodka en brandewyn kry. By Jorgenn’s distilleerdery kan jy onder meer potketel-vodka koop wat gemaak is volgens ’n proses voor die geïndustrialiseerde 1900’s. Hulle gebruik ook wasvrye sitrus vir hulle limo cello, verduidelik Roger Jorgensen. Bestel aanlyn by www.jd7.co.za

Hou die sout (en suiker, stroop, GM en preserveermiddels)

Een van die baie voordele van die eet van vars produkte is die gebrek aan bymiddels. “Enigiets in ’n pakkie of bottel wat vooraf gemaak is, is geneig om bygevoegde sout, suiker of ander verborge bestanddele te hê, sê Jorgensen. “Waar moontlik, kies voedsel en drank wat organies geproduseer word. As daar nie ’n boeremark in die buurt is nie, maak gebruik van aanlyn-winkels soos www.thinkorganic.co.za in Kaapstad, www.organicemporium. co.za in Johannesburg of www.organics.co.za in Durban

Groei jou eie

Jy het nie baie grond nodig om jou eie vars groente te plant nie. Net ’n klein sonkolletjie in jou tuin, op jou balkon of in ’n venster is genoeg. Dit is goedkoper en gesonder, sê Shannon Smuts van Pure Good Food, ’n Kaapstad-gebaseerde een-stop gesondheid winkel. Plant die groente wat jy dikwels eet, soos wortels, tamaties en spinasie.

Kies koeie (en varke, hoenders en eende …) wat dwelmvry is

Kommersiële boerderye gebruik soms hormone en antibiotika. As jy vleis sonder vyvoegings wil koop, kan jy direk by die boer, by die mark of by organiese kleinhandelaars koop. Eighteen ’94 CureSmiths maak ’n groot charcuterie en dit kan gekoop word by Beulah Farm Deli in Yzerfontein of by Die Flying Pig in Darling. Angus McIntosh (oftewel Farmer Angus) se vleis en eiers is beskikbaar by Spier-wynlandgoed of by deelnemende kleinhandelaars rondom Kaapstad.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

6 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

6 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

6 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.