Jou velsorgroetine behels in die winter meer as net bevogtiging met ’n goeie room. Daar is ander maniere om jou vel deur hierdie temperatuurskommeling te kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die feit dat dit winter is, beteken nie jy moet nie sonskerm gebruik nie. Die winter se sonstrale is net so hard op jou vel soos die somerson. Wend sonskerm aan voor jy soggens die huis verlaat en as jy weet jy gaan deur die dag buite wees, hou die room in jou handsak sodat jy gedurig daarvan kan aanwend.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Gebruik ’n vogsproeier in jou woon- en slaapkamer. Verwarmers versprei warm lug wat jou vel uitdroog – vogsproeiers plaas vog terug in droë lug wat help om jou vel te bevogtig.
As jou vel deur ’n baie droë stadium gaan, vermy growwe gesigmaskers wat belangrike olies uit jou vel trek. Jy het juis hierdie olies in die winter nodig. Kies eerder ’n ligte reiniger sonder alkohol.
’n Lekker warm bad in die middel van die winter is wonderlik, maar ’n vuurwarm bad is nie goed vir jou vel nie. Die hitte haal belangrike olies uit jou vel. Al klink ’n louwarm bad nie so lekker soos ’n warm bad nie, is dit beter vir jou vel. Probeer dit eerder.
Moenie jou lippe vergeet nie – hulle verdien dieselfde hoeveelheid liefde as die res van jou lyf. Belê in ’n goeie lipbalsem wat jou lippe beskerm en bevogtig. Wend dit saans aan, asook soggens onder jou lipstiffie.
Lees ook: Raad vir ’n tienervel
Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…
Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Hierdie webwerf gebruik koekies.