kategorieë: DekorLeefstyl

Wenke vir ’n huislike gastekamer

Deur Elandrè Swart. Hooffoto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om gasheer te speel vir huisgaste kan ’n baie aangename ervaring wees. Omskep jou gastekamer in ’n huis weg van die huis af vir jou kuiermense.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beddegoed

Behalwe vir silwerskoon beddegoed, voeg ’n paar kussings, ’n trooster en ’n kombers by sodat jou gaste gemaklik en warm kan slaap.

Lees ook: Hou jou matras skoon

Handdoeke

Hou altyd ’n stel handdoeke in die gastekamer, veral as jou gaste vergeet het om te bring.

Lees ook: Hoe om die 5 belangrikste beleggings vir jou huis te maak

Spasie vir tasse

Maak plek vir ’n tafeltjie of ’n bankie waarop ’n tas sal kan pas. Jou gaste sal dankbaar wees dat hulle nie so laag hoef te buk om iets uit die tas te haal nie. ’n Ottoman is ’n goeie item om sakke op te sit en ook vir stoorplek.

Lees ook: Maak self ’n kopstuk

Skinkbord of vlak bakkie

Dit kan as ’n netjiese bêreplek vir gaste se toiletware of ander klein goedjies dien.

Lees ook: Inspirasie vir die mooiste kinderkamers

Laaiers

Dis moeilik om ’n kamer rustig te laat voel as daar laaiers vir alles van skootrekenaars tot selfone en tablette rondlê. Verwyder sommer ook enige persoonlike items wat op ’n bedkassie uitgestal staan of in die klerekas gebêre is.

Onthou, minder items lyk beter en netjieser. ’n Oulike manier om laaiers vir jou gaste te los sonder dat dit onnetjies lyk, is om dit in ’n mooi boks op die tafel te sit.

Gemaklike sitplek

Party mense voel nie gemaklik om op ’n bed te sit nie en jy wil nie hê jou gaste moet ongemaklik voel nie. Plaas ’n gestoffeerde leunstoel in die kamer met ’n tafel en lamp naby.

Goeie beligting

Dit is altyd goed om ’n lig naby die bed te hê sodat jou gaste nie in die donker hoef te struikel nie. ’n Goeie leesliggie langs ’n stoel is ook goed.

Spasie in die kas

Maak plek vir jou gaste se klere en maak ook ’n laai of twee leeg. Los minstens ses hangers in die kas. ’n Haak agter die deur kan nuttig wees vir ’n handsak, baadjie of ’n kamerjas.

Sorg vir die basiese

Voorsien papier en penne of potlode én ’n haardroër. As jy nie ’n ekstra strykyster en strykplank het nie moet jy vir jou gaste vertel waar dit is.

Lees ook: Raam jou foto’s

Voorsien ’n stel huissleutels

Almal sal meer ontspanne wees en makliker kan kom en gaan. Jy sal nie elke keer huis toe hoef te jaag as iemand wil ingaan nie en hulle sal nie voel asof hulle jou verontrief wanneer hulle laat by die huis kom nie. ’n Lysie van dinge om te sien en te doen sal ook welkom wees en onthou om vir hulle instruksies te los oor hoe jou huis se sekuriteitstelsel werk.

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

2 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

3 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

6 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

9 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.