kategorieë: BlogsOntspanning

Wenke vir ’n goeie kookboek

#1 Die skrif is aan die muur

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Kookboek moet in ’n leesbare grootte en skrif gedruk word. Onthou, jy sit nie en lees die resepte in jou bed nie. Daar word gelees terwyl jy ’n souspan op die plaat roer en ’n bak uit die oond probeer balanseer. Dink granny print

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

#2 Alles-in-een

Die volle resep moet op een bladsy verskyn. Dis niks lekker om die bladsy om te blaai met taai vingers nie. Moet ook nie sekere dele van die resep op ’n ander plek plaas nie – soos die koek op bl. 12 en sy versiering op bl. 50. Ek blaai nie. My koek sal sonder icing wees, dankie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#3 Meet dit

Ons Suid-Afrikaners bak in liters, ml, el, gramme … ek verstaan nie ’n ounce nie. Dit is volksvreemd. Indien jy vir die Suid-Afrikaanse mark skryf, bring tog die veranderinge aan. Jy mag dalk net sit met ’n groot flop van ’n boek, sou jy dit nie doen nie.

#4 Toerusting

Indien jou resepte enigiets meer as ’n handklitser benodig; noem dit vroegtydig! Niks maak mens meer vies as om met ’n lekker kookboek te sit, maar jy het net die toerusting om die sous mee te maak nie.

#5 Bestanddele

Dit is fantasties om ongewone bestanddele in kos te gooi. Bring net ’n voetnota aan van waar die produkte aangekoop kan word as dit nie deel vorm van die gemiddelde Suid-Afrikaner se spens nie.

#6 Goeie begin is half gewin

Oulike opskrifte maak mens verlief op ’n kookboek. Dit en eetbare prentjies.

#7 Wees spesifiek

Moenie terme gebruik soos kook tot gaar nie. Vertel my eerder hoe die hoender moet ruik, watter kleur dit moet wees en wat ek kan bygooi om dit nog lekkerder te maak. Hierdie wenke is die verskil tussen ’n goeie en ’n uitstekende kookboek.

#8 Goeie inhoudsopgawe en duidelike bladsy nommers

Niemand het tyd vir soek nie. Dan google ek eerder ’n ander resep.

#9 Goed-beligte foto’s van disse op mooi breekgoed

Hoe mooier die breekgoed, hoe lekkerder lyk die gereg.

#10 Ekstra lekkertes

Dit is die stories uit jou ouma se kombuis en ander interaktiewe funksies soos ’n glossary wat ’n goeie kookboek verander in ’n daagliks gebruikte een. Hoekom dink jy is Kook en Geniet na al die jare steeds ’n treffer? Die ekstra inligting maak dit vir geleentheidskokke maklik om suksesvolle pogings op die tafel te bedien.

Hopenlik sal meer skrywers die belangrikheid van die bogenoemde besef. Tot dan bedien ek boksie koek in my ouma se Royal Albert-stel.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: kosblogger

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.