kategorieë: OuerskapJou lewe

Wenke vir ma’s en stiefma’s

Wenke vir ma’s en stiefma’s. Foto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kinders verstaan nie grootmense se probleme nie

Ons is die volwassenes en ons is veronderstel om volwasse op te tree. Moenie kinders met jou bitterheid en woede belas nie. Hulle behoort dit nie te dra nie. Wees verdraagsaam, geduldig en gee om. Dit neem stiefouers en kinders tyd om mekaar te leer ken. Moedig jou kinders aan om nuwe gades ’n regverdige kans te gee om ’n verhouding te vestig. Soms is dit belangriker om gaaf te wees as om reg te wees, so gun julself ook ’n regverdige kans om aan te pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Takel jou vrese

Die vrees om ontoereikend of minder geliefd te wees as die ander ouer, maak ons besitlik en dan verset ons onsself teen die vorming van nuwe bande. Moenie dat jou vrese verhoudings vertroebel nie. As jy die nuweling is, help dit ook om te besef dat hulle baie spesiale herinneringe het sonder jou – dit is heeltemal normaal om soms die buitestaander te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waak teen te veel beheer

As gevolg van egskeiding verloor ’n mens beheer oor baie dinge. Aanvaar dit. Kom ooreen op ’n stel reëls wat in beide huishoudings geld om sake te vereenvoudig. Daar is ook geen rede om oorbeskermend te wees nie – almal is maar net mense. Daar is geen bedreiging nie.

Wees dankbaar

Wat ookal die drama van jou egskeiding was, wees dankbaar as jou kind salig onbewus daarvan is en goed met die ander party oor die weg kom. Dit spaar hulle groot trauma en moontlike uitdagings met hul eie toekomstige verhoudings. Wees ook dankbaar vir al die hulp wat jy ontvang met die grootmaak van jou kind.

Openbaar self goeie gedrag

Die beste manier om ’n kind iets te leer, is om ’n goeie voorbeeld te stel. Vra jouself gereeld af wat jou optrede jou kinders leer. Betoon respek en deernis, met verantwoordelikheid. Waak teen afbrekende opmerkings, beledigings en spottery voor die kinders of voor ander mense.

Skud die slagoffermentaliteit af

Wil jy hê jou kinders moet onthou hoe swaar jy altyd gekry het, of wil jy eerder hê hulle moet onthou hoe sterk, veerkragtig en gelukkig jy was?

Regverdigheid is ’n persepsie

Wat regverdig is vir een, mag vir ’n ander glad nie regverdig lyk nie. Mens kan nooit ewe veel tyd en ondersteuning aan elke kind gee nie. Elkeen het unieke behoeftes en omstandighede wat heeltyd verander, veral in saamgestelde families, en daarom sal hulp daarvolgens aangebied word.

Kom jou beloftes na

Dit geld vir beloftes aan die kinders sowel as die mede-ouers. Hou by jou skedule, kom jou ondernemings na en daag op wanneer jy veronderstel is om op te daag. Anders veroorsaak dit nie net groot teleurstelling vir ons kinders nie, maar ook groot ongerief en nood vir ouers wat moet sien kom klaar sonder jou ondersteuning, insette of teenwoordigheid.

Kommunikeer

Deel die belangrike inligting met betrekking tot skedules, reëlings en gebeurlikhede met alle betrokke ouers. Praat ook oor die dinge wat jou kwel en vra advies of bystand wanneer jy dit benodig. Julle is nou ’n familie, tree soos een op.

Breek die norm

Selfs in die ergste gevalle kan biologiese ouers en stiefouers maniere vind om oor die weg te kom. Mense se paaie kruis vir verskeie redes en as jy bereidwillig is, kan geskille besleg word. Waak teen die stereotipe haat en minagting wat die samelewing verwag.

Gee hulle goeie herinneringe

Ons is geneig om die slegte goed uit ons kinderdae beter te onthou as die goeie goed. Doen moeite om goeie herinneringe te skep en maak die slegtes so min as moontlik.

Lees ook: Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.