kategorieë: Gesondheid

Wenke vir joga-nuwelinge

• Moenie verwag om gou vaardig te word nie! Soos alles, neem joga tyd om te bemeester. Moenie stres as jy nie na die eerste sessie op jou hande kan staan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Sorg dat jou instrukteur weet dis jou eerste keer sodat sy ’n ogie oor jou kan hou en raad kan gee indien nodig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Verwag ’n goeie oefensessie. Enige beweging waaraan jou liggaam nie gewoond is nie, sal spiere wakker maak wat jy nie eens geweet het bestaan nie. Moenie verbaas wees as jy sweet en die volgende dag seer spiere het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Moenie te hard oefen nie. ’n Goeie instrukteur sal variasies verskaf vir die posisies wat jy nog nie kan bemeester nie. As jy voel jy skeur iets is dit waarskynlik wat gebeur. Dit is goed om jouself tot by die punt van weerstand te druk, maar die punt van die oefening is nie om beseer te word nie.

• Gaan saam met ’n vriendin. Om in ’n studio in te stap waar almal ervare is, kan intimiderend wees. ’n Vriendin kan die senuwees laat bedaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Sorg dat jy in die tweede ry is en die mense voor jou kan volg.

• Drink baie water en eet na die sessie. Statiese houposisies en stadige spier-sametrekkings verg baie energie – maak seker jy vervang die water en voedingstowwe wat jy tydens ontwatering in die oefensessie verloor het.

• Probeer joga op verskillende tye van die dag beoefen. Vir sommige werk ’n sessie vroeg in die oggend om hulle energie te gee vir ’n besige dag, en vir ander bied ’n oefensessie voor slaaptyd ’n rustige nag se slaap.

• Oefen by die huis. As jy die oefeninge van die klas kan onthou, is dit wonderlik, maar as jy nie kan nie, laai ’n joga-toep af of volg joga-oefeninge op YouTube.

Bron: Cotton On Body

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

8 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

8 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.