kategorieë: DekorLeefstyl

Wenke vir gordyne

Dink hieroor voordat jy gordyne aankoop:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Kleurskema
  • Begroting
  • Afmetings
  • Praktiese graad (is dit gordyne wat gedurig gaan oop wees, kom daar baie son in die vertrek, is die lengte korrek vir die grootte van die vertrek, gaan dit die vertrek kleiner of groter laat lyk, ensovoorts.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Carin Shardelouw se wenke vir gordyne

Dit is nie altyd die goedkoopste opsie om gordyne (reeds gemaak) in die winkels te gaan koop nie. Die gordyne wat in winkels verkoop word, is standaard grootte. Deesdae, met nuwe huise, is dit nodig om gordyne by iemand te laat maak – vir spesifieke vensters. Gewoonlik is installasie ingesluit by die prys. Wanneer jy gordyne in ’n winkel koop, moet jy besef dat jy dan nog iemand moet kry om dit ook te installeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Watter tipe materiaal moet ek kies?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deursigtige gordyne is gepas vir kontemporêre wonings of woonstelle met hoë volumes en pragtige uitsigte. Hierdie tipe lap verskaf privaatheid sonder om die lig heeltemal uit te skakel. Dit word gewoonlik verkoop in dubbelgrootte, dus sal dit jou nie so duur uitwerk nie.

Waar werk swaar gordyne?

Dit pas gewoonlik in ’n dramatiese deel in die huis. Dit werk goed in klassieke huise, teater-styl en by luuksheid. Ontwerpers gee gewoonlik aan hierdie materiale ’n koord of knope vir meer detail en drama. Dié gordyne is baie swaar en moet aan ordentlike pale gehang word. Tossels is ook kenmerkend aan hierdie styl. Maak seker dat die hak wat die gordyn terugbind sterk en breed genoeg is om hierdie materiaal vas te hou.

Watter materiale is bekostigbaar en gewild?

• Katoen en poliëster-linne

Die katoen-mengsel gordyn word  aan die voorkant van die hortjies gebruik om lig te uit te skakel. Linne kan ook gebruik word vir ’n meer gemaklike voorkoms.

Afwerking

Knippie-plooie is klassiek en standaard.

Omgekeerde plooie. Dit is my gunsteling, omdat dit netjies is minder materiaal vereis.

Goblet – Hierdie is ideal vir ‘nagemaakte’ gordyne wat nie regtig oop en toe gemaak word nie.

Gordyn-reelings

• Rebated Rods

Hierdie reeling is ontwerp om die hakies en baan van die gordyn weg te steek. ’n Moet-hê wanneer jy ’n venster wil bedek. Dit pas ook by die meeste style.

• Yster of chroom

Hierdie tipe reelings word in kontemporêre of kothuis-styl huise gebruik. ’n Gunsteling vir baie ontwerpers.

• Gordynkappe

Hierdie metode word nie meer baie gebruik nie, maar dit is kenmerkend aan ’n klassieke styl. Dit steek die reelings weg en kan versier word met koord en knope.

Lees ook: 10 maklike wenke vir ’n Feng Shui-huis

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

7 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.