Dink hieroor voordat jy gordyne aankoop:
- Kleurskema
- Begroting
- Afmetings
- Praktiese graad (is dit gordyne wat gedurig gaan oop wees, kom daar baie son in die vertrek, is die lengte korrek vir die grootte van die vertrek, gaan dit die vertrek kleiner of groter laat lyk, ensovoorts.)
Carin Shardelouw se wenke vir gordyne
Dit is nie altyd die goedkoopste opsie om gordyne (reeds gemaak) in die winkels te gaan koop nie. Die gordyne wat in winkels verkoop word, is standaard grootte. Deesdae, met nuwe huise, is dit nodig om gordyne by iemand te laat maak – vir spesifieke vensters. Gewoonlik is installasie ingesluit by die prys. Wanneer jy gordyne in ’n winkel koop, moet jy besef dat jy dan nog iemand moet kry om dit ook te installeer.
Watter tipe materiaal moet ek kies?
Deursigtige gordyne is gepas vir kontemporêre wonings of woonstelle met hoë volumes en pragtige uitsigte. Hierdie tipe lap verskaf privaatheid sonder om die lig heeltemal uit te skakel. Dit word gewoonlik verkoop in dubbelgrootte, dus sal dit jou nie so duur uitwerk nie.
Waar werk swaar gordyne?
Dit pas gewoonlik in ’n dramatiese deel in die huis. Dit werk goed in klassieke huise, teater-styl en by luuksheid. Ontwerpers gee gewoonlik aan hierdie materiale ’n koord of knope vir meer detail en drama. Dié gordyne is baie swaar en moet aan ordentlike pale gehang word. Tossels is ook kenmerkend aan hierdie styl. Maak seker dat die hak wat die gordyn terugbind sterk en breed genoeg is om hierdie materiaal vas te hou.
Watter materiale is bekostigbaar en gewild?
• Katoen en poliëster-linne
Die katoen-mengsel gordyn word aan die voorkant van die hortjies gebruik om lig te uit te skakel. Linne kan ook gebruik word vir ’n meer gemaklike voorkoms.
Afwerking
Knippie-plooie is klassiek en standaard.
Omgekeerde plooie. Dit is my gunsteling, omdat dit netjies is minder materiaal vereis.
Goblet – Hierdie is ideal vir ‘nagemaakte’ gordyne wat nie regtig oop en toe gemaak word nie.
Gordyn-reelings
• Rebated Rods
Hierdie reeling is ontwerp om die hakies en baan van die gordyn weg te steek. ’n Moet-hê wanneer jy ’n venster wil bedek. Dit pas ook by die meeste style.
• Yster of chroom
Hierdie tipe reelings word in kontemporêre of kothuis-styl huise gebruik. ’n Gunsteling vir baie ontwerpers.
• Gordynkappe
Hierdie metode word nie meer baie gebruik nie, maar dit is kenmerkend aan ’n klassieke styl. Dit steek die reelings weg en kan versier word met koord en knope.
Lees ook: 10 maklike wenke vir ’n Feng Shui-huis