Probeer om fyn hare nie té gereeld te was nie. Natuurlike olies is baie goed vir die kopvel en hare
Gebruik altyd opknapper, selfs al is dit ’n ligte opknapper wat jy nie nodig het om uit te spoel nie. Onthou hierdie reël veral wanneer jy jou hare kleur
Gebruik altyd ’n sjampoe met volume om die hare te bedek en dikker te laat vertoon
Wees sag wanneer jy jou hare was
Moenie jou hare te veel borsel nie
Probeer om sjampoe met ’n verhelderende produk af te wissel
Kerastase – Densifique Bain Densite: ’n Goeie volume-sjampoe wat help met die hare se digtheid. Dit bevorder haargroei sonder om die hare droog te laat
Kerastase – Densifique Masque Densite: Hierdie is ’n fantastiese masker wat soos ’n jel werk en nie die hare aftrek nie
Kerastase – Densifique Serum Jeunsse: Wonderlike serum wat jy in die hare los om dit te verdig en vinniger te laat groei
Bhave-KNOCK ‘Em Dead Volume & Texture:Va Va Voom-volume! Elimineer oortollige olie en verfris die hare tussen wasse
Kerastase Density Capillaire: Ampules wat tuis gebruik kan word om haargroei en dikte te stimuleer
Kerastase Specifique Stimuliste: Behandeling wat jy in die hare los om haardigtheid in stand te hou
Smeer warm kasterolie op jou kopvel en masseer vir ’n paar minute. Draai ’n handdoek om jou hare en los vir 20 minute. Dit ruik nie baie lekker nie, maar werk soos ’n bom vir haargroei
Haarstyle vir vroue met fyn hare
Fyn hare benodig volume. Ons beveel die “shagg”-haarstyle aan. Dit lyk mooi as jy dit reguit blaas of krul. Hoe korter die styl, hoe dikker sal jou hare lyk. Enige kort styl is ’n goeie keuse vir fyner hare. As jou hare lank en fyn is, vat dit op.
Kort bob wat in lae gesny is
Klassieke 90’s bob
Lang hare lyk mooi as dit in lae gesny is
Jy kan ook pret hê met kleur. Kies pastelkleure of Ombré in 2017