Los koffie en drink water terwyl jy studeer
1 Verruil die kafeïen vir H2O. Water gee die brein die elektriese lading wat nodig is vir alle breinfunksies, insluitend denke en geheue-prosesse.
2 Eet ’n goed gebalanseerde dieet van groente en vrugte ten minste ’n week voor en tydens die eksamen.
3 Neem ’n vyf minute-breek elke uur om jou liggaam toe te laat om meer glukose te produseer vir die brandstof wat jy nodig het vir studies. Kies eerder versnaperinge soos amandels, bloubessies, avokado’s, vetterige vis en jogurt .
4 Kry genoeg slaap en vermy deurnag-sessies. Studies toon deurnag-sessies benadeel jou redenasievermoë en geheue vir tot vier dae. Hersien die moeilikste werk reg voor jy gaan slaap die aand voor die toets want jy sal die inligting die volgende dag maklik onthou.
5 Vermy afleidings soos musiek of om te SMS en twiet terwyl jy studeer. Dit sal jou vermoë beperk om inligting te onthou.