kategorieë: KosSomerkos

Wenke vir die perfekte kaasbord

Bron: Rediscover Dairy

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Somer is hier en ons sien uit na die feestyd se vakansiedae en einde-van-die-jaar-vieringe saam met vriende en familie. Ons gaan vir seker die meeste van die fantastiese weer maak en al ons byeenkomste buite hou! Ons fokus in van partytjies tot aansitetes, laatontbyte met skemerkelkies en pieknieks saam met die gesin op vars en ligte kos wat maklik is om voor te berei en in die buitelug te geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met die oorvloed van somervrugte en ander seisoenale produkte is daar klomp geleenthede vir lekker pasmaats met kaas. Dis maklik om ’n luukse kaasbord bymekaar te sit, en dit vat nie baie tyd nie. Jy hoef jou ook nie oor beurtkrag te bekommer nie. Kaas is so veelsydig, dit kan saam met soet en sout gaan, wat beteken daar sal vir seker iets vir elkeen van jou vriende en familie, jonk en oud, wees om te geniet.

Kaas bring ook ’n heerlike swierigheid na jou feestelike slaai, groentegereg, aartappelgebak of fynproewer-braaibroodjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ’n kortlys van Rediscover Dairy se gunsteling-somerpasmaats vir kaasborde:

  • Aarbeie en ricotta
  • Bloubessies en brie
  • Perske en gouda
  • Mango en bokmelkkaas

Moenie die ou gunstelinge vergeet nie:

  • Waatlemoen en feta
  • Tamatie en mozzarella
  • Appel en cheddarkaas
  • Vye en bloukaas

Of dit blou, hard, semi-hard, semi-sag, sag of vars is of sag ryp geword het, die kase van jou keuse kan met beskuitjies en brode; vars vrugte, kruie en groente; droë vrugte, sade en neute; olywe, rissies en ingelegde lekkernye; soet en sout marmelades, konfyte en stukkonfyte; koue en gerookte vleise en vis. By piekniekvieringe, partytjies en aandetes in die buitelug maak kaasborde pragtige middelpunte, wat die varsheid en oorvloed van somer weergee en dit gaan lekker saam met wyn, appelwyn, jenewer, mengeldrankies en nie-alkoholiese alternatiewe.

Wenke vir die perfekte kaasbord:

  • Verskeidenheid werk – kies kase met verskillende teksture en smaakprofiele.
  • Soet, suur, bitter en sout – pas jou kase met ’n breë verskeidenheid soet en sout bestanddele.
  • Gee ’n bietjie kleur – kies vrugte en groente van verskillende klere, vorms en teksture.
  • Vul die ruimte in – gebruik versieringe soos vars kruie, bessies, neute, geroosterde keker-ertjies en eetbare blomme sodat die bord met goeie kos oorloop.
  • Hou dit koel – onthou die kase proe op hul beste by kamertemperatuur. Hou dus jou kaasbord binne tot jy gereed is om te bedien. Jy kan ook jou kaasbord op ’n marmerblad hou sodat die kase vir langer buite koel bly.

Dis nie net ’n staatmaker-bestanddeel nie, maar ook goed vir jou.

“Kaas is ’n gunsteling en voedsame kos vir kinders, en dis goed vir die hele gesin,” sê Maretha Vermaak, ’n geregistreerde dieetkundige by Rediscover Dairy. En hoekom sal jy nie daarvan hou nie, as die volgende in ag geneem word:

  • Kaas is ’n onverwerkte kos en ’n fantastiese bron van gehalte-proteïene en -kalsium wat bene help bou.
  • Kaas bevat voordelige voedingstowwe soos vitamien A, B2 en B12, en sink.
  • Wanneer jy ’n harde kaas, soos cheddar, direk ná ’n maaltyd eet, beskerm jy jou tande en hou jy dit gesond.
  • Kaas hou ook jou hart gesond. Navorsing het gewys dat versadigde vette in kaas nie die risiko vir ’n beroerte, hipertensie en kardiovaskulêre siekte verhoog nie.
  • Tot en met 50 g- harde kaas, soos cheddar, kan per dag as deel van ’n gesonde dieet wat ’n verskeidenheid kosse insluit geniet word.

Vir meer melkidees, sluit by die Rediscover Dairy se Facebook-blad aan.

Lees ook: Suurlemoen-en-klapper-koekies

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.