kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Wenke vir binnenshuise plante

Deur: Elandrè Swart. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom binnenshuise plante goed is vir jou

Dit suiwer die lug

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Plante omskep koolstofdioksied in suurstof en ons het suurstof nodig om te lewe. Hoe skoner die lug, hoe beter. Doen dus wat jy kan om die gehalte van die lug in jou huis so hoog as moontlik te maak.

Dit help om siektes te beveg

  • Plante het die vermoë om die vogvlakke in die lug te verhoog en stof te verminder. Studies het al bewys dat groenigheid ’n mens se geestesgesondheid verbeter.

Stres verminder en produktiwiteit verhoog

  • Om ’n potplant in jou werkruimte te hê, verminder jy jou stresvlakke.

Jy slaap beter

  • Plante wat ’n kalmerende uitwerking het, soos laventel, jasmyn en aloe vera, kan die gehalte van jou nagrus verbeter as jy een of meer van dié plante in jou slaapkamer hou.

Dit maak jou huis ’n tuiste

  • Bring nuwe lewe in jou leefruimte met ’n binnenshuise plant of twee vir ’n gesonde, kalmerende en vrolike huis.

Hoe om vir plante binne die huis te sorg

Lig

  • Maak seker jou binnenshuise plante kry genoeg natuurlike sonlig of jy kan self ’n groei-lig kry as jou huis nie baie sonlig kry nie.

Water

  • Water jou plante tot die water onder die pot uitkom (maak seker jou pot het ten minste een gaatjie in).
  • Moet nie te veel water gee nie. Wanneer ’n potplant te veel water kry, raak die grond versadig en die plant sal uiteindelik verdrink as gevolg van ’n gebrek aan suurstof.
  • As jou plant se blare geel en/of hangend is, moet jy van enige oortollige water onderin die pot ontslae raak en wag totdat die grond droog is voordat jy weer water gee.

Potte

  • Plaas jou pot op ’n piering of dreineringsbak met ’n duim van growwe sand. Die growwe sand hou water en sal vogtigheid rondom die plant verhoog (veral nuttig in die winter). Maak seker die watervlak bereik nie die bodem van die pot nie. As die plant se wortels in die water sit, sal hulle vrot, wat sal veroorsaak dat die plant vrek.

Peste

  • Wanneer ’n plant min water en sonlig kry, ervaar dit stres wat veroorsaak dat peste die plant makliker aanval.
  • Insekte: Word vlak, naby die are aan die onderkant van die blare aangetref en lyk soos wit skubbe. Omdat hulle so goed weggesteek is, is dit soms moeilik om daarvan ontslae te raak.
  • Rooispinnekop: Jy sal weet hierdie klein spinnekoppie is daar as jy klein druppeltjies water sien wat in amper onsigbare webbe aan die onderkant van die blaar vasgevang is. As die blare grys of geel word, het die inval versleg. Die goeie nuus is dat dié spinnekoppe glad nie van koue water hou nie. Spuit dus jou plant twee keer per dag met koue water en maak seker dat die water die onderkant van die blare en enige ander wegkruipplekke dek.
  • Plantluise: Hierdie klein groen of swart insekte het lang monddele om sap te kan opsuig. Om ontslae te raak van hulle, probeer om die plant met ’n mengsel van louwarm water, ’n lae dosis brandspiritus en skottelgoedseep te spuit. Doen dit saans sodat die son nie die plant verbrand nie.

Lees ook: Kweek sprietuie in jou kombuis

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.