kategorieë: WenkeSkoonheid

Wenke van Beyoncé se #beyglamsquad

Foto’s en artikel: Corné Greeff

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die afgelope ruk het stilis Ty Hunter en grimeerkunstenaar Sir John, Beyoncé se #BeyGlamSquad, in Suid-Afrika gekuier en hulle het hul wenke met Suid-Afrikaners gedeel. Die twee het met Woolworths saamgespan en vier gelukkige ma’s het ’n nuwe voorkoms gekry. Die ma’s het ’n dag saam met die twee ghoeroes deurgebring, en by ’n glansgeleentheid het Ty Hunter en Sir John hul wenke gedeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk net hoe mooi lyk hulle:

Hier is Ty Hunter en Sir John se beste raad:

“Selfvertroue en om gemaklik te wees is baie belangrik – dink maar aan Beyoncé en Rihanna!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sosiale media kan ons negatief beïnvloed

Hulle sê:

  1. Almal lyk dieselfde op sosiale media. Dink maar aan grimering en wenkbroue; vroue is besig om hul identiteit te verloor.
  2. Alles is oordadig. Dit skep ’n wanpersepsie van wat skoonheid werklik is.

Maak sosiale media ’n meer positiewe ervaring:

  1. Moenie jouself met ander vergelyk nie. Fokus op jouself en om goed te voel in jou eie vel. Jy hoef nie soos die Kardashians of Beyoncé te lyk nie, want dit pas nie noodwendig by jou nie.
  2. Hou op om mense te volg wat jou sleg laat voel oor jouself.
  3. Gee jouself elke dag ’n kompliment.

Sir John se 11 beste wenke vir skoonheid en grimering:

  1. Velsorg is ’n tendens wat nooit uit die mode sal gaan nie, so moenie van jou skoonheidsroetines vergeet nie.
  2. Vermy produkte wat natrium bevat (produkte wat baie sout bevat), want natrium veroorsaak dat jou liggaam water hou en dit gaan ook jou gesig opgepof laat lyk.
  3. Kies een gelaatstrek wat jy wil beklemtoon en werk daarmee. Indien dit jou wimpers is, gebruik maskara, as dit jou lippe is, gebruik ’n helder lipstiffie.
  4. Die een produk waaraan jy gerus meer geld kan bestee, is ’n goeie onderlaag. Spaar eerder geld deur ’n goedkoper maskara of lipstiffie te koop, maar maak seker jy het die regte onderlaag.
  5. Jy moet jou onderlaagborsel minstens een of twee keer per week was: Bakterieë groei daarop en dit kan veroorsaak dat jou vel uitslaan.
  6. Vervang jou maskara ná ‘n maand en ’n half. Jy sal geskok wees hoeveel bakterieë daarop is wanneer jy dit onder ’n mikroskoop beskou.
  7. Minder is meer. Moenie dit oordoen nie, anders gaan jou grimering aangeplak en onnatuurlik lyk.
  8. As jy wil hê jou tande moet witter lyk, gebruik ’n helder bessie- of merlot-kleur lipstiffie.
  9. As jy jou sonbruin vel wil beklemtoon, dra ’n oranje of ’n oranje-rooi lipstiffie.
  10. Beklemtoon jou unieke eienskappe. As jy sproete, of ’n litteken op jou gesig het, moet dit nie wegsteek nie. Wees trots daarop, want dit is wat jou anders en uniek maak.
  11. As jy ’n bril dra, moet jy wegbly van rokerige oogskadu, gebruik eerder ’n maskara of oogomlynerpen om jou oë te beklemtoon.

Ty Hunter se 11 stylwenke vir vroue:

  1. Kies skoene waarin jy gemaklik voel, maar wat ook jou uitrusting komplementeer.
  2. Rooi gaan prominent wees die winter.
  3. As rokke nie vir jou is nie, dra ’n eenstuk of speelpakkie. Dit sal net so elegant en stylvol lyk.
  4. Rond jou voorkoms af met mooi bykomstighede wat aandag trek.
  5. Moenie bang wees om jou bates te beklemtoon nie.
  6. Moenie bang wees om iets nuuts te probeer nie, as jy dalk net swart klere in jou kas het, koop vir jou iets kleurryk wat jou voorkoms gaan ophelder.
  7. Dra jou uitrusting met selfvertroue. Wees trots op wie jy is!
  8. Moenie die huis verlaat as jy nie gemaklik is met wat jy dra nie. Indien jy onseker is oor ’n item, ruil dit eerder om met iets waarin jy gemaklik gaan voel.
  9. Maak seker jou postuur is reg wanneer jy staan of sit.
  10. Dit is nie net belangrik om goed te voel oor jou klere nie, maar dit is net so belangrik om ook goed te voel oor jouself.
  11. As daar een item is waarin jy beslis kan belê en wat nog vir die volgende tien jaar in die mode gaan wees, is dit ’n kunspelsjas.

Volg ook vir Ty Hunter en Sir John op Instagram

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

2 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

2 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

2 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

2 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.