kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wenke om vandag nog voluit te leef

#LiveMoreLife

Om maaltye, wat gesond vir die hart is, te kook, is ’n goeie manier om ’n gesonder, gebalanseerde lewe te lei. Maar daar is baie ander stappe wat jy ook kan neem om jou lewe om te draai. Flora beveel die volgende aan:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op jou merke!

Vind maniere om oefeninge te doen terwyl jy pret het; op daardie wyse sal dit nie soos ’n straf voel nie. Probeer om in ’n park te gaan hardloop in plaas van in die gim, klim die trappe en moenie die hysbak neem nie of begin joga- of dansklasse neem. Breek weg van jou normale oefeningroetine en jy kan dalk net vind dat jy ekstra energie het!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die sleutel tot ’n gesonde lewe is ’n balans van alles … dieet, gereelde oefening en minimale stres” – Letshego Zulu, Biokinetikus

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wees proaktief

Dit is baie belangrik om gesonde maniere te kry om stres te hanteer. Hoewel oefening help, moet jy ook tyd maak vir dit wat werklik saakmaak: vriende en familie. Probeer ’n nuwe stokperdjie (of pak weer ’n ou een aan), gaan op ’n dagreis om uit die stad te kom, of ontspan sommer net in ’n borrelbad met ’n goeie tydskrif of boek.

Klaas Vakie

Maak seker dat jy ’n goeie nagrus kry. Rus is baie belangrik, aangesien ’n tekort aan slaap nie net stresvlakke kan beïnvloed nie. Dit kan ook beïnvloed hoe wakker jy is, jou gemoed en selfs jou hartgesondheid.

Smulpaap

Maak ’n punt daarvan om gesond tee eet. Hoewel jy nie te veel vetterige kos moet eet nie, speel essensiële vette of mono- en poli-onversadigde vette ’n integrale rol om ’n gesonde hart te onderhou en is boonop belangrike boublokke van selle.

Flora-margarien bestaan uit essensiële vette aangesien dit gemaak word van voedingstofryke plant- en saadolies, insluitend sonneblom-, kanola- en lynsaad. Baie van hierdie sade is ryk in Omega-3-vetsure, wat goed is vir die hart. Die olies word geëkstraheer en gesuiwer nadat die sade geoes is en voordat dit saam met ander natuurlike bestanddele gemeng word om die heerlike Flora-smaak te skep waarvoor jy so lief is.

Alhoewel Flora ’n heerlike smeer is, kan dit ook as ’n substituut – wat gesond is vir jou hart – in jou kos gebruik word om ’n watertand smaak aan jou maaltye te gee.

Besoek die Flora-webwerf om nog resepte wat goed is vir die hart en inspirasie te kry: florastrongheart.co.za

Volg ’n gesonder leefstyl – #LIVEMORELIFE

Het jy geweet 1 in 3 mans en 1 in 4 vroue in SA het ’n risiko vir kardiovaskulêre siektes voor die ouderdom van 60? Dís hoekom Flora dit hul missie gemaak het om Suid-Afrika se harte gesonder te maak.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

6 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

6 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

6 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

6 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.