kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer

Deur LUISA VAN DER LINDE

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ervaar jy nog vreugde in jou verhouding en is dit nog vir jou lekker om tyd saam met die man of vrou in jou lewe te bestee. Is julle nog lief vir mekaar of is julle nou net huismaats?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wynand Jacobs, skrywer van Connection: A journey towards intimacy, uitvoerende direkteur by FamilyLife Nieu-Seeland en huwelikskursusaanbieder, sê dis nie ’n skande om te erken dat jy en jou maat se bootjies soms van mekaar wegdryf nie. “Die lewe is aan die gang en daar is oomblikke waar mense gaan stilstaan en wonder ‘waar is die opgewondenheid oor ons verhouding heen?’”

Om ’n band met ’n geliefde te verloor, dien as sneller vir gevoelens van diep hartseer en angstigheid,” sê Truida Heyman, ’n Kaapse sielkundige berader. Sy sê as ’n mens vir iemand lief raak en jouself tot ’n verhouding verbind en jou hart vir ’n geliefde oopmaak, maak dit jou ook weerloos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Alicia Bestbier, ‘n opvoedkundige sielkundige en berader, meen daar is baie druk op verskeie gebiede in mense se lewe, veral wat finansies betref. “Mense met kinders het nie net hul eie skedules om rondom te werk nie, maar moet ook inval by die res van die gesin se sport-, kultuuraktiwiteite, huiswerk en eksamens. Dit raak moeilik om gehaltetyd met mekaar deur te bring en makliker om mekaar laaste op die prioriteitslys te sit.”

Kenners meen die volgende kan ’n aanduiding wees dat verhoudingsbote uitmekaar dryf:

  • Jy probeer jou maat beheer. Dis eintlik gesonder om saam te erken dat julle verskil!
  • Jul verhouding word deur wantroue en jaloesie gekenmerk, byvoorbeeld as jy gedurig skelm kyk wat op jou maat se foon aangaan.
  • Jy jok vir jou maat oor geld.
  • Julle praat nie meer oor emosies of gevoelens nie, of julle besef julle het niks om oor te gesels nie.
  • Julle het geen gemeenskaplike belangstellings nie.
  • Daar is bykans geen tyd wat net julle twee saam deurbring nie  c.
  • Een of albei voel afgestomp en verwyderd van mekaar.
  • Julle baklei gereeld, meer as wat julle gesels.
  • Prioriteite het verander. Julle wil nie eers probeer om die vlammetjie te laat brand nie.
  • Julle het elkeen jul eie sosiale lewens en kuier apart by vriende en familie.
  • Een of albei van julle betrek die familie en/of skoonfamilie wanneer julle baklei.
  • Julle verskil oor die huishouding se dissipline of baklei voor die kinders.
  • Jy of jou maat ignoreer mekaar se intieme en seksuele behoeftes.

Truida sê: “’n Paartjie se verhouding in die slaapkamer weerspieël die res van die verhouding, intimiteit impliseer dat die verhouding veilig genoeg is om broosheid te wys. Dis wanneer jy maar jou skanse kan laat sak en fisiek met ’n ander persoon deel. As julle heeldag baklei, gaan dit baie moeilik wees om intimiteit ’n prioriteit te maak.”

Die ekstra afstand is nie noodwendig in alle gevalle ’n probleem nie, sê sielkundige-berader May Soo op die webwerf rwapsych.com.au.

Daar kan ’n goeie rede wees waarom dit nou voel asof daar ’n probleem is.

May noem dat jou maat dalk net oorweldig deur al die lewenseise voel en net ’n bietjie alleentyd kort.

Jou maat kan dalk ook gespanne of depressief voel en probeer om deur ’n moeilike tyd te kom.

May voel afstand tussen twee maats is weln probleem wanneer ….

… Dit ’n geruime tyd voortduur.

… Een maat hom- of haarself totaal van die ander party afsny (stonewalling).

… Daar ’n  wanfunksionele patroon voorkom van een maat wat heeltyd meer aandag soek en ’n ander wat onttrek.

Wynand voel intimiteit en om liefde te ervaar is die doel van ’n huwelik/.

“Dis belangrik om oop en eerlik met mekaar te wees en te praat oor die dinge wat op jul hart lê. En om een te wees en mekaar ten volle te ken. As ’n mens werklike intimiteit wil ervaar, moet jy doelbewus dankbaar wees en op jou verhouding fokus. Selfs groot ondernemings dryf soms weg van hul oorspronklike missie. Goeie gebeure, soos die toevoeging van kinders tot die gesin, kan ook jul fokus van mekaar verskuif. Julle is nie noodwendig op pad rotse toe as jy begin uitmekaardryf nie, maar dit kos tyd en energie om weer die klem te laat val op wat saak maak.”

Lees ook: Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red

  • Onthou hoe en hoekom jul paadjies byeengekom het.

Identifiseer die aspekte wat daardie aanvanklike romantiese gevoelens teenoor jou maat laat posvat het. Doen eerlike selfondersoek en kyk of jy nie jou maat as vanselfsprekend aanvaar nie. Gesels oor jul huwelik. Elke maat kan ’n punt uit tien gee en motiveer hoekom hulle so voel. Jy gaan dalk verras wees om jou maat se antwoord te hoor.

  • Begin om weer te kommunikeer.

“Kommunikasie is die lewensbloed van ’n verhouding,” sê Truida.  “Alle verhoudings gaan deur ’n tyd van ontnugtering. Alle verhoudings beweeg van ekstatiese verliefdheid, waar ’n mens amper ’n god en godin op jou geliefde projekteer, na ontnugtering wanneer jy besef jou geliefde is net ’n feilbare mens wat jou soms teleurstel.” Sy sê tydens dié fase, waar jy ook agterkom jou maat is baie anders as jyself, is daar gulde geleentheid om die onbekende eiland van jou maat te begin verken.

  • Gaan op ’n ontdekkingsreis om jou maat beter te verstaan.

Truida beveel aan dat jy uitvind wat jou maat se liefdestaal is en wat jy kan doen om hom of haar geliefd te laat voel. Wat maak jou maat gelukkig? Is dit aanraking, woorde van waardering, praktiese hulp en ondersteuning, ’n geskenk, of spesiale tyd saam? “Deur jou maat gereeld geliefd te laat voel, hou jy die persoon se liefdestenk vol en irritasievlak laag. Leer ken jou maat se temperament. Hy/sy mag dalk ’n introvert wees terwyl jy tussen mense en aktiwiteite floreer. Hy/sy mag dalk hou van avontuur terwyl jy ’n veilige voorspelbare beplande lewe verkies.”

  • Emosionele letsels

“Julle kom ook uit totaal verskillende families en het verskillende emosionele letsels opgedoen. Probeer die ander persoon se agtergrond verstaan. Die moeiliker uitdaging is dus om uit te vind watter kwetsende knoppies julle by mekaar druk. Hoe kommunikeer jy dit?”

  • Laat die klein oomblikke tel

Prof Barbara Fredrickson, skrywer van die boek Love 2.0 sê mense redeneer agterstevoor om wanneer dit by liefde kom.

“’n Sterk verbintenis en diep geneentheid jeens ’n maat is die produkte van liefde, nie die oorsaak nie.” Sy sê dis nie groot dade van passie wat ’n verhouding versterk nie, maar eerder die klein mikro-oomblikke van warmte en verbintenis wat elke oomblik van elke dag gebeur. Dié oomblikke verander verhoudings progressief soos die tyd verbygaan. “

Huweliksghoeroe en -navorser John Gottman, stem saam en sê dat klein oomblikke deur die dag, is die oomblikke waaraan gelukkige mense saam kan bou. Dis wanneer julle mekaar groet, of waneer jule saamlag, of wanneer julle gesels. Hoe praat julle met mekaar?

  • Maak jul verhouding prioriteit

Wynand en Alicia sê dis nodig vir paartjies om alleentyd deur te bring.

Beplan ’n vakansie, naweek weg of gereelde afspraakaand. Enigiets wat vir jou maat die boodskap gee dat jy omgee en lief vir hom of haar is.

Doen ook meer moeite om jou maat se stokperdjies en belangstellings te ondersoek.

Skeduleer afspraakaande.

Gee jou maat opregte komplimente, al is dit per WhatsApp.

Om mekaar te waardeer en die goeie vir mekaar uit te lig, is moontlik. Soen jou wederhelf vir 20 sekondes. Maak oogkontak as julle met mekaar gesels.

Truida sê dit is altyd wys om terapie te oorweeg as dit voel asof daar nie meer ’n band tussen julle is nie.

“’n Terapeut skep ’n veilige ruimte waar ’n paartjie makliker oor hul onderskeie behoeftes en vrese kan gesels, en waar hindernisse makliker uit die weg geruim kan word. In ’n terapeutiese ruimte leer maats om mekaar beter te verstaan. Dis gewoonlik ’n verligting vir paartjies om te besef dat hul maat hulle nie opsetlik seermaak nie. Hulle leer ook om hul eie verdedigingsmeganismes beter te verstaan en te beheer.”

Volgens haar begin ’n verhouding weer herleef wanneer verhoudingsmaats ervaar dat die ander maat hul gevoelswêreld verstaan.

“Hulle voel nie meer bang om gestraf te word as hulle ’n emosie verwoord nie. In hierdie emosioneel veilige ruimte kan seksuele intimiteit weer opvlam. As jou maat se liefdestaal fisieke kontak is, kan spontane seks dan soms die veilige ruimte skep om emosioneel intieme gesprekke te hê,” sê Truida.

Lees ook: Só verseker jy ’n sorgelose aftrede

Truida se raad sonder die volgende buitengewone gevalle uit:

* As die maats uitmekaardryf omdat ’n derde persoon in die prentjie gekom het, is dit moeilik om sonder terapie die verhouding te probeer herstel.

* As die paartjie nie meer respek vir mekaar het nie, is dit bitter moeilik om die verhouding te herstel. Kry ’n terapeut se inset.

* As een van die maats ’n geskiedenis van onverwerkte trauma het, is dit baie moeilik om ’n verhouding bo die water te hou.

* Wanneer een van die maats aan ’n ernstige geestestoestand soos ernstige depressie, verslawing (dit sluit sosiale media-verslawing in) of persoonlikheidsprobleem ly en weier om hulp te kry, is dit baie moeilike om ’n verhouding te laat werk.

BRONNE:

Wynand Jacobs: wynand@familylife.nz of in Suid-Afrika vir Gerrie Holtzhausen: gerrievh@cccsa.org.za

Alicia Bestbier: aliciabestbier.edp@gmail.com

Bykomende bronne: www.drphil.com, www.marriagemax.com, www.kathleensnydermft.com, www.themarriagerestorationproject.com, www.counselinglexingtonky.com,www.mentalhelp.net, www.rwapsych.com.au

Lees ook: Waar is die vrede in jou huis?

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde hoender: Kook een keer, eet drie keer

Wonder jy wat om met oorskiethoender te doen? Ons drie maniere om een lekker geroosterde…

7 hours Gelede

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

3 days Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

3 days Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

3 days Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.