kategorieë: OuerskapJou lewe

Wenke om jou troeteldier met Bob Martin te ontvlooi

Lente en somer is sulke heerlike tye van die jaar in Suid-Afrika, veral as jy ’n geliefde viervoetige maatjie het wat jy gereeld op avonture in die buitelug kan vat. Maar soms daag onwelkome gaste, soos bosluise en vlooie, op. Moet egter nie bevrees wees nie, want dis maklik om bosluise en vlooie te voorkom en jou dier te “ontvlooi” wanneer hulle ’n probleem raak. Al wat jy kort, is die regte produkte en versorging.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vind die vlooie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verskillende middels is nodig om ’n besmetting van parasiete onder beheer te kry. ’n Goeie manier om te kyk of daar vlooie is, is om ’n vlooikam deur jou hond of kat se pels te trek en die hare net bo die stert se onderkant opwaarts te vryf. As jy enige vlooie of enige korrels sien, wat soos gemaalde koffie lyk, is daar ongelukkig ’n vlooiprobleem. Die klein swart korrels is eintlik vlooimis en dit bestaan uit droë bloed. ’n Duidelike teken is ook wanneer hare weg is daarbo waar die stert begin.

’n Bosluis- en vlooisjampoe of dip sal help om alle vlooie op jou troeteldier onmiddellik dood te maak. Aangesien hierdie produkte vinnig werk, maar nie lank hou nie, is dit noodsaaklik om ’n produk soos ’n bosluis- en vlooivloeistof wat agter op die nek gesit word, ’n sproei of ’n halsband aanwend om seker te maak dat jou troeteldier op die duur beskerm is. Produkte soos Bob Martin Clear Spot-on se poeiers, sjampoes en sproeie is spesifiek so geformuleer om bosluise en vlooie op honde en katte te behandel.

Let wel, dit is baie belangrik om net produkte wat vir honde geskik is op honde te gebruik. Sommige hondeprodukte is giftig vir katte, en moet dus nooit op of naby katte gebruik word nie. Lees asseblief altyd die aanduidings op die pakkie deeglik en raadpleeg jou veearts indien nodig.

Gereelde behandelings minstens een keer per maand is nodig om van vlooibesmettings ontslae te raak aangesien vlooie nie op die dier leef nie, maar in die omgewing en hulle spring op ’n troeteldier om ’n bloederige maaltyd te hê net om vinnig daarna weer af te spring.

Aangesien vlooie donker ruimtes verkies (soos die krake waar die vloer die muur ontmoet, onder die bed, die matte en veral tussen jou houtvloere se panele), is dit baie belangrik om die omgewing met bosluis of vlooipoeier of omgewingsproei te behandel. Só keer jy dat vlooie in die toekoms kan uitbroei.

Dr Jan, Bob Martin se konsulterende veearts, verduidelik: “Gedurende die lewensiklus, is sekere fases weerstandiger teenoor produkte. Dit beteken, selfs al is die behandeling omvattend, dit herhaal sal word aangesien daardie fases steeds sal ontwikkel. Die gedeelte moet ook goed skoongemaak, gevee en gestofsuig word, wat matte insluit asook die kante van die muur. ’n Vlooipoeier kan ook op  troeteldiere se beddegoed gebruik word om vlooie dood te maak wat afval en eiers lê of wat in die beddegoed uitbroei.”

Dis nie vreemd dat die ouers van troeteldiere onbewus is daarvan dat hul hond of kat vlooie het nie, veral as daar minder as drie of vyf vlooie op hul dier is. Dit is hoekom dit belangrik is om voort te gaan deur die jaar om jou dier te ontvlooi, selfs in die winter wanneer die vlooi se lewensiklus stadiger raak. Elke vlooi lê 40 tot 50 eiers, so as die vlooie nie in die winter behandel word nie, lei dit daartoe dat die vlooibevolking stil-stil eksponensieel in hierdie maande groei.

Dr Jan voeg by: “Sodra ’n besmetting onder beheer is, is dit redelik maklik om weer een te voorkom deur voort te gaan om een keer per maand behandeling toe te dien en die omgewing skoon en behandel te hou.”

Lees ook: Bestuur angs en stres in troeteldiere

In die kol!

Moenie uitstappies in die berge saam met jou viervoetige vriend hierdie somer afstel omdat jy bang vir vlooie is nie. Daardie klein goggas kan voorkom en doeltreffend behandel word as jy met die regte behandelingsopsies gewapen is.

Bob Martin se behandeling en voorkomingsprodukte vir bosluise, vlooie en myte is ’n eenvoudige en doeltreffende oplossing om jou troeteldiere (en jou) gelukkig en gesond te hou.

Besoek gerus www.healthcare.bobmartin.co.za vir meer inligting.

Lees ook: “S” is vir somer én stres: Beskerm jou troeteldiere

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Theresa se angswekkende oomblik in ‘Diepe Waters’ hou kykers op die punt van hul stoele

Dinsdag se episode van die kykNET-telenovela Diepe Waters het kykers se senuwees aan flarde gehad…

14 hours Gelede

Daneel van der Walt gesels oor vasbyt en ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se sterk Suzette

Toe Nêrens, Noord-Kaap in 2021 sy debuut as dramareeks op kykNET gemaak het, was daar…

18 hours Gelede

Suurlemoenbrood

Maak 1 middelslagbrood   Bestanddele   375 ml (1½ k) koekmeel 10 ml (2 t)…

22 hours Gelede

Liane Heyl oor ‘Banana Air’: ‘Ons het net gelag en gelag!’

Dié komediereeks draai om die persoonlike en professionele verhoudings van lugwaardinne en vlieëniers, en elke…

2 days Gelede

Worsiepasta

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Dís wat Jawaahier Petersen se swangerskapnuus vir ‘Suidooster’ beteken

Die Suidooster-aktrise Jawaahier Petersen het onlangs onthul dat sy swanger met haar derde kind is.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.