“Eyebrows are the unsung heroes of the face” – Bobbi Brown
Ooggrimering kry altyd al die komplimente. Maar as die wenkbrou goed gevorm en gepluk is, lyk dit baie gesofistikeerd, gepoleerd en ‘sexy’.
Die natuurlike vorm van jou wenkbrou is gewoonlik die beste vir jou gesig. Die wenkbroue moet somtyds net skoongemaak en gekam word en dan met Bobbi Brown se “Clear Brow Shaper” in plek gehou word vir ’n onmiddellike netjiese voorkoms.
• As jy moeilike wenkbroue het, besoek ’n professionele persoon wat ’n natuurlike vorm kan pluk wat jou gesig pas.
• Verwyder jou wenkbrouhaartjies nadat jy gestort het, wanneer die porieë nog oop is, dan sal dit minder seer wees.
• Vul jou wenkbroue met ’n oogpotlood of -skadu om beter definisie te kry. Gebruik ’n kleur die naaste aan jou wenkbroue of hare se kleur.
• As jy ’n potlood gebruik, beveel ek aan dat jy dit met ’n lagie oogskadu volg om dit ’n sagter voorkoms te gee.
Begin altyd by die binneste gedeelte van jou wenkbrou en volg die natuurlike vorm daarvan met ligte, veeragtige bewegings.
My gunstelingproduk vir wenkbroue is die “Brow Kit” van Bobbi Brown wat twee kleure, ’n tangetjie en borseltjie insluit. Jy het niks meer nodig nie.
Probeer een van hierdie produkte:
CK On Brow Pencil & Gel
MAC Cosmetics Eyebrow Pencil in Spiked
Guerlain Eyebrow Kit