Ons toets: Eylure Brow control and shape gel
Hierdie jel is absoluut perfek vir my. Ek sukkel al lank met my wenkbroue en dit kan soms baie vernederend wees vir mense met dieselfde probleem.
Probeer hierdie produk as jy sukkel met wenkbrou-haartjies wat nie op hul plek wil bly nie. Voorheen het ek probeer om dit in te waks, maar ongelukkig het dit ook nie gewerk nie. Op die oomblik gebruik ek net ’n uitpluk tangetjie om hier en daar ’n paar haartjies uit te pluk en dan wend ek hierdie jel aan! – Greta Gericke, Dekor-assistent