kategorieë: Wenke

Wenke om die lewe met sensitiewe vel ‘n bietjie makliker te maak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Gaan die bestanddele na
Vermy produkte met bestanddele wat moontlik jou vel kan irriteer, soos parfuum, kleurmiddels, eukaliptus, kamfer, kaneel, sitrus, laventel, peperment, natrium C14-16-olefien-sulfaat, natriumlaurylsulfaat en TEA-laurylsulfaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Toets voor gebruik
Toets altyd eers ’n nuwe produk op ’n onopsigtelike plek op jou vel, soos agter jou oor. Wag 24 uur en as daar tekens van rooiheid of irritasie is, vermy die produk. As jy ’n baie sensitiewe vel het, behoort jy ook die produk op die sagte vel langs die oog te toets.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Weet jy watter tipe vel jy het? Ontleed jou vel met ons 5 stappe

3. Was minder en sagter
Te veel was droog jou vel uit. Probeer om jou gesig slegs soggens en saans te was en nie meer as een keer per dag te stort of te bad nie. Kies bevogtigende gesig- en lyfreinigers wat vir sensitiewe velle geformuleer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. Bevogtig baie
Die sperfunksie van sensitiewe velle is gewoonlik beskadig. Dié funksie voorkom dat vog ontsnap (en hou dus jou vel vogtig) en voorkom dat skadelike stowwe wat jou vel irriteer, binnedring. Die gereelde gebruik van vogroom versterk jou sperfunksie.

Lees ook: 10 velsorgwenke wat jy jou dogter moet leer

5. Minder is beter
Minder bestanddele én minder produkte. Hoe minder bestanddele jou velsorgprodukte bevat, hoe kleiner is die kanse dat jy vir een van die bestanddele allergies kan wees. Hou jou velsorgprogram eenvoudig sodat jy maklik kan vasstel watter produk die reaksie veroorsaak het.

Lees ook: 5 groot baba-velsorgfoute wat ouers maak

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

13 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

23 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.