kategorieë: WenkeSkoonheid

Wend jou parfuum reg aan

Waar moet ek my parfuum aanwend?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Leila stel voor dat jy jou parfuum aan jou pols en aan die bo-kant van jou elmboog aanspuit. “Hierdie is pols-punte in jou liggaam wat hitte genereer en soedoende die geur vrystel,” sê Leila. Jy kan ook 2 tot 3 sproeie aan jou nek spuit wat die geur sal vrystel elke keer as jou hare beweeeg. En agter jou knieë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Moet ek my parfuum op my klere of vel aanspuit?

“Altyd vel!” Die parfuum het nodig om met ons ligggaam se hitte te kombineer wat dan die geur deur die loop van die dag vry stel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar kan ek my parfuum aanwend wat sal verseker dat dit langer hou?

Maak eerstens seker jy gebruik ’n EDP (Eau De Parfum) weergawe van die geur (as jy wil hê die geur moet langer hou), omdat dit ’n gekonsentreerde weergawe van die geur is. Wend dit dan aan die boegenoemde areas van jou lyf.

Probeer om nie gegeurde lyfrome en handerome te gebruik wat moontlik met die geur sal “bots” nie. Probeer eerder die geur layering-tegniek waar jy gegeurde lyfprodukte gebruik wat jou fyngeur komplementeer en jou geure ook sodoende langer laat hou.

Hoekom moet ek nie my polse teen mekaar vryf nadat ek my parfuum aangespuit het nie?

Om jou polse teen mekaar te vryf kan die molekulêre struktuur van die fyngeur verander wat sal verhoed dat die ware geur op jou vel vrygestel word.

Het jy geweet?

  • Hitte kan ’n geur sterker maak, en koue kan dit weer ligter maak. Daarom word ligte geure vir die somer aanbeveel en effens swaarder geure vir die winter.
  • Navorsingsbevindings toon dat mense met ’n gemiddelde voorkoms mooier voorkom wanneer hulle parfuum aangespuit het.
  • Moet liefs nie jou geure in die badkamer stoor nie, sê Leila. Die hitte en humiditeit in ’n badkamer kan die note van die fyngeur moontlik verander.

Lees ook: Parfuumtruuks

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.