De Krans se Klassieke Kultivar-reeks spog met splinternuwe etikette. Die reeks bestaan uit vier wyne, Basket Press Cabernet Sauvignon, Free Run Chenin Blanc, Wild Ferment Chardonnay en droë Pinotage Rosé. Een leser kan ’n gemengde boks van hierdie wyne wen!
De Krans, geleë in Calitzdorp in die Klein Karoo, se elegante reeks klassieke kultivarwyne aard almal uitstekend in die Calitzdorp terroir. Die Klassieke Kultivar-reeks is maklik drinkbaar, het intense vruggeure en tipiese variëteitskarakters asook gebalanseerde suurvlakke. Hierdie reeks wyne, wat unieke wynmaakmetodes implementeer, is ook beskikbaar teen bekostigbare pryse. Daar is regtig niks beter as om ‘n alles-in-een, alledaagse gunsteling te vind, wat deurlopende kwaliteit verseker en boonop nie jou beursie dolleeg laat nie!
Die Free Run Chenin Blanc gebruik slegs die vry-afloop sap gedeelte na ontstingeling en afmaal. Hierdie sap bevat minder fenole, wat die wyn meer vruggedrewe maak en dit ook beter laat verouder.
Op sy beurt word daar met die bereiding van die Wild Ferment Chardonnay slegs natuurlike giste gebruik, sonder dat addisionele gis bygevoeg word. Dit lei tot ‘n baie stadiger gistingsproses, wat die kompleksiteit van die wyn verhoog en ‘n beter mondgevoel verseker.
Die Pinotage Rosé kry minder as ‘n uur se dopkontak, voordat die sap geskei word van die doppe, wat ‘n ligte blospienk kleur tot gevolg het. Hierdie droë Rosé spog met pragtige aromas van aarbeie en spookasem, met ‘n gebalanseerde en verfrissende suur.
Laastens, met die produksie van die Basket Press Cabernet Sauvignon, word De Krans se mandjiepers gebruik om ‘n sagter druk-aksie te verseker en harde of groen tanniene te vermy. Wat die pers so besonders maak, is dat dit in 1955 uit Frankryk ingevoer is en in 1985 deur De Krans Wyne bekom is. Hierdie pragtige ou pers is van Franse eikehout gemaak en het ‘n integrale deel van die wynmaakproses by De Krans geword.
Staan ’n kans om ’n gemengde boks van De Krans se Klassieke Kultivar-reeks te WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en Facebook en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 9 April 2025