kategorieë: Ontspanning

Wen-versnit by Blaauwklippen vir 41ste jaar gekroon

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bokse met die verskillende versnit-komponente word na utihoeke van Pretoria, Kaapstad, Paarl en Johannesburg tot Durban en Bloemfontein gestuur sodat die pret kan begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die hoogtepunt van die kompetisie is natuurlik om vir middagete na die plaas buite Stellenbosch genooi te word, om te hoor wie die wenners was. Vanjaar se kompetisie is die 41ste keer aangebied is en altesaam 78 klubs het ingeskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gaste is met die Blaauwklippen Brut Cap Classique verwelkom.

“Hierdie kompetisie is oop vir alle aspirant-wynmakers en is daar om wyn-entoesiaste aan te moedig om ‘n wenversnit te skep,” het Narina Cloete, Blaauwklippen-wynmaker, en ook voorsitter van die beoordelaarspaneel vertel.

Bussell en Phillip Retief van Van Loveren, landbouvennoot van Blaauwklippen, klink ‘n glasie met Grethe Kruger, bestuurder van Blaauwklippen. Hulle is ook twee van die vier nefies, wat bekendheid verwerk het as die Four Cousins wyn-etiket.

Vir vanjaar se kompetisie was die opdrag om ‘n ernstige Bordeaux-stylversnit te skep met komponente uit ‘n baie uitdagende 2023-oesjaar. Blenders het vier wyne ontvang (1 x Cabernet franc, 1 x Malbec, 1 x Merlot, 1 x Petit Verdot) en al vier komponente moes in die finale versnit gebruik word. ‘n Maksimum 65 % van elke Kultivar, met ‘n minimum van 5% van elke komponent moes by die versnit ingesluit word.

Die wenners was Die Dorstige Dertigs wat by die geleentheid deur Francois van Rooyen en Raymond van der Westhuizen verteenwoordig is. Hy het die plaas gelukgewens met die lekker kompetisie en gesê hul klub het groot respek vir Blaauwklippen wat wynliefhebbers só betrek.

Francois van Rooyen en Raymond van der Westhuizen van die wenklub, Die Dorstige Dertigs, met hul trofee en die Magnum-bottel waarin hul wyn beskikbaar is.

Die wynklub Sophie’s Choice (Wes-Kaap), was tweede, VATS (Gauteng) was in die derde plek en in die vierde plek: Fae-Bulous Wynklub (Gauteng).

Herman en Christa Grobler was in die tweede plek met hul wynklub, Sophie’s Choice.
Louise en Barry Hofmeyer van Fae-Bulous Wynklub van Fairy Glen.
Oliver Wright het Team VATS verteenwoordig.

Die wenklub van 2024 het in 1987 begin en het aanvanklik net inwoners van Stellenbosch en Somerset-Wes gehad, maar die afgelope 37 jaar het dinge heelwat verander. “Van die oorspronklike lede is drie oor. Ons was een van die eerste wynklubs wat kos en wyn gepasmaat het en die wynmaker dan deel van ete maak.

“Al is dit ‘n lighartige naam, is ons ernstig oor wyn. Ons proe elke tweede Dinsdag van die maand en het nog nooit ‘n datum verander nie. Ons proe een bottel en daarom is 16 lede die ideale getal. Ons fokus op die wyn – dis nie sosiale geleentheid nie,” het hy vertel.

Fae-Bulous Wynklub van Fairy Glen se Barry en Louise Hofmeyer het vertel die “klub is baie fabulous en ons naam ook! In Pretoria is daar baie mense wat regtig niks van wyn weet nie. En ons klub het regtig al heelwat mense ingelig oor wyn. En hierdie kompetisie is regtig veel meer as wat die organiseerders besef.”

Sophie’s Choice wat in die tweede plek was, het net twee lede, Christa en Herman Grobler en sy het vertel dat hulle elke aand bymekaar kom en “wynproe”. Dit was hul eerste maal wat hulle vir die BBC ingeskryf het en dit was heerlike pret om hul versnit te maak. “Ons kombuis het op ‘n stadium soos ‘n laboratorium gelyk!”

Oliver Wright het Team VATS verteenwoordig en vertel dat hy baie nuut in die wynwêreld is, maar die kompetisie ‘n baie prettige en opvoedkundige geleentheid gevind het. Die VATS kom al 41 jaar bymekaar en proe vier maal per maand in Johannesburg.

Francois van die wen-span het ‘n wenk met die ander spanne gedeel: “Jy moenie te veel mense betrokke hê by die finale besluit nie. “En hou aan probeer. Ons het 24 jaar lank probeer.”

Hul wen-versnit bestaan ​​uit 45% Cabernet Franc, 40% Merlot, 9% Malbec en 6% Petit Verdot. Hierdie versnit se vars gestruktureerde tanniene ontwikkel in ‘n sappige middelverhemelte en ‘n sagte aromatiese nasmaak. Geniet nou saam met vriende, of kelder vir 15 tot 20 jaar, het die paneel beslis.

Saam met Narina op die beoordelaarspaneel was Clive Torr, Guy MacDonald, Helena Melis en Alastair Rimmer.

Die beoordelaarspaneel is van links Guy MacDonald, Narina Cloete, Blaauwklippen-wynmaker, en ook voorsitter van die beoordelaarspaneel, Alastair Rimmer en Clive Torr. Helena Melis was afwesig toe die foto geneem is.

Die wenversnit sal beskikbaar wees om direk by Blaauwklippen se Proehuis of aanlyn by www.blaauwklippen.com te koop.

Die spyskaart vir die dag is ‘n eg Italiaanse spyskaart, waar deelborde en verskeie pasta- en rysgeregte geniet is.
Die gestopte Arancini-balletjies met botterskorsie en mozzarella met parmesaan besprinkel, was een van die gunstelinge.
‘n Caprese-slaai met vars tamatie, bocconcini mozzarella en basilie, was die perfekte pasmaat vir die vonkelwyn en Chardonnay.
Die eiervrug-gereg – Melanzand met parmesaan, tamatie en mozzarella was gewis nie net vir die vegetariërs ‘n lekkerte nie.
Die plaas se Chardonnay was die ideale pasmaat met die Italiaans-inspireerde voorgeregte.
Die wen-versnit word elke jaar in ‘n Magnum gebottel en is dan aan die publiek te koop. Hier is dit met die maaltyd en nagereg – tradisionele tiramisu - geniet.

Lees ook: Bateleur is voël van die jaar en top wyn-etiket

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die krag van suiwelvoeding vir jong atlete

Om seker te maak dat kinders daagliks die korrekte voedingstowwe inneem om gesonde groei, ontwikkeling…

19 mins Gelede

Plant slim, bespaar water

Baie tuiniers glo dat waterbeperkings een van twee opsies beteken: Laat jou tuin toe om…

56 mins Gelede

Beet-, feta-en-okkerneut-slaai

Deur Rediscover Dairy   Bedien: 6-8 porsies  Porsiegrootte: 120 g    Bestanddele    5 middelslag-bete,…

3 hours Gelede

Sjokolade-piesangbrood

Mev. Letha van der Westhuizen van George sorg vir hierdie teetydtreffer-resep!

3 hours Gelede

Viskoekies met knoffel-en-kappertjiesaad-mayonnaise

Ons het sommer vir die lekkerte reuse-viskoeke gebak, maar jy kan gewone viskoekies ook maak…

3 hours Gelede

Nuwe restaurant in Kaapse Waterfront fokus op Afrika-kos

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Die restaurant staan onder leiding van die bekwame…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.