Ons velle word elke dag met oksidatiewe stres gekonfronteer wat deur ultravioletstrale van die son, droë lug, koue winde, besoedeling, gifstowwe, chemikalieë en blou lig veroorsaak word.
Wetenskaplikes meen dat blootstelling aan hierdie elemente die hoof oorsaak van ons velle se vroegtydige veroudering is.
Wees gerus, Katavi Botanicals teiken vroegtydige veroudering as gevolg van blootstelling aan omgewingselemente. Hierdie natuurlike velsorgreeks is spesifiek met botaniese bestanddele geformuleer om die voorkoms van foto-verouderde vel teen te werk en te verbeter.
Die reeks is: parfuumvry, wreedheidvry en geskik vir alle veltipes.
Klik hier om meer te leer. EERSTE KEER-KOPERS KRY 15% AF* MET KODE NUUT15
rooi rose gee twee gelukkige lesers die kans om ‘n Katavi Intensive-velsorggeskenkpak ter waarde van meer as R2200 elk te WEN, plus 10 deelnemers sal ook ‘n Katavi Intensive-reisgeskenkpak ter waarde van R150 elk wen.
Die Katavi Intensive-reeks sluit in:
RenewS Vit C-10 gesigserum: Dis propvol vitamien C wat kollageenproduksie stimuleer en DNS-skade a.g.v omgewingsblootstelling verminder.
RewindS Bakuchiol-serum: Dis ryk aan hialuroonsuur en ‘n natuurlike plaasvervanger vir retinol.
Refine gesigwas: Dis met lemoenskil sowel as soet amandel-, avokado- en jojoba-olie geformuleer.
Revitalize Enzymatic gesigskrop: Bamboesekstrak werk saam met fyn appelkoospitte om onsuiwerhede op die vel te verwyder.
Circulation-Boosting oogserum: Bevat verfrissende aloe vera, witch hazel, kafeïen en komkommer.
Voordele van gereelde gebruik van die Intensive-velsorgreeks sluit in:
- Teenveroudering
- Stimuleer die kollageenproduksie
- Vermindering van DNS-skade as gevolg van omgewingsfaktore
- Afname in fyn lyne
- Maak vel glad
- Verbeter jou vel se elastisiteit
- Help met ‘n helder, egalige gelaat
- Hou jou vel gehidreer
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg ons op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 30 November 2024