Tydens Crescendo Goud, wat by die Daisy Jones-teater in Stellenbosch gehou word, gaan ATKV-Crescendo-legendes Karin Hougaard, Rouel Beukes (die eerste wenner van Crescendo), Petronel Baard en Sarah Theron die verhoog deel met meer onlangse legendes Selby Williams, Lucia Poggenpoel, Marsha Bothma en Alzanley Lizemore.
Gehore kan uitsien na ’n aand waar daar musikale huldeblyke gebring gaan word aan kunstenaars soos Jak de Priester, Anneli van Rooyen, Rina Hugo, Randall Wicomb en Riana Nel, wat hul loopbane met die hulp van ATKV-Crescendo afgeskop het.
Kaartjies vir hierdie wonderlike opskopgeleentheid kan by www.crescendo.org.za gekoop word.
ATKV-Crescendo gee twee BBP-kaartjies ter waarde van R1 000 vir die wenner en sy/haar metgesel weg!
Hierdie BBP-ervaring (die gewone kaartjies sonder die BBP-ervaring is R250) sluit versnaperings en ’n glasie van ATKV-Crescendo se eksklusiewe wynreeks voor en na die vertoning in. Jy kry ook die geleentheid om die kunstenaars van nader te ontmoet.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Hierdie kaartjies sluit nie reis- of verblyfkostes in nie. Wenners moet beskikbaar wees op 30 November. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 24 November 2024