Revlon se topverkoperproduk ColorStay Satin Ink-reeks bied 16 uur-lipkleur wat so goed voel as wat dit lyk. Hierdie langdurige formule is verbasend gemaklik, droog nie uit nie en bevat aanpasbare kleurtegnologie wat keer dat die lipstiffie vervaag of kraak. Dit is waterbestand en smeer nie af nie. ColorStay Satin Ink bedek die lippe in een stap vir 16 uur se kleur.
Briljante, eksklusiewe toediener
Die sagte toediener met sy skerp punt maak dit moontlik om die lipstiffie sekuur aan te wend, terwyl die kleur eweredig versprei is.
Aanpasbare formule
Die kleurtegnologie laat die formule saam met die lippe beweeg, wat krake of afskilfering voorkom.
Langdurig en helder kleur
Die formule bevat ’n gekonsentreerde pigment eie aan Revlon, wat tot 16 uur se kleur toelaat.
Eenstapkleur en -gemak
Die formule is verryk met antioksidantryke swartbessie-saadolie wat verseker dat die formule gemaklik op die lippe voel.
Wenke vir jou lippe
- Vind jou perfekte neutrale lipskakering deur ’n kleur te probeer wat die naaste aan jou lippe se natuurlike skakering is.
- Gebruik ’n ColorStay-lipomlyner voordat jy lipstiffie aansit. Dit sal help dat jy dit sekuur aanwend.
- As jy die hele dag lipstiffie gedra het, maak seker dat jy jou lippe voor slaaptyd met ’n voedsame lipsalf behandel.
- Wend jou lipstiffie laag vir laag aan – van die middel na buite vir ’n egalige aanwending.
- Verwyder langdurige lipstiffieformules deur ‘n bietjie klapperolie op ‘n stukkie watte te drup. Vryf liggies oor die lippe en wag ‘n minuut of twee. Die lipstiffie sal moeiteloos afvee.
Staan ’n kans om 10 Revlon ColorStay Satin Ink-lipstiffieste WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 15 November 2023