Op 4 Mei 2024 om 15:00 neem bariton Andries Aldrich jou op ‘n musikale reis waarin hy die verskillende kante en bekoring van die baritonstem wys. ‘n Bariton is ‘n sangstem wat in die kategorieë tussen ‘n bas (baie lae stem) en ‘n tenoor (baie hoë mansstem) val. ‘n Bariton is bekend vir sy kragtige en suiwer stem.
Hierdie passievolle musikant se liefde vir die klassieke kunste gaan behoorlik in hierdie konsert ten toon gestel word.
Andries gaan deur die barokwêreld met jou stap tot by die groot opera waar hy van dié bekendste bariton-arias gaan sing. Aldrich het een van sy kollegas en vriendinne, die liriese sopraan Sonica Rickinson, genooi om saam met hom van dié grootste bariton-en-sopraan-duette op te voer.
Ná die groot opera neem Andries jou verder op reis deur van die ligter, komiese en romantiese operette-arias te vertolk. Andries sal die program op ‘n baie ligte, maar hoë noot afsluit met ‘n treffer of twee van die bekendste musiekblyspele.
Die hele program gaan op klavier deur die legendariese Paddy Jeffery begelei word. Harald Sitta neem sy plek as seremoniemeester vir die middag in.
Datum: 4 Mei 2024
Tyd: 15:00
Plek: Rand Club, Johannesburg
(Loveday Straat 33, Marshalltown, Johannesburg)
Kaartjies: R250 pp & R175 pp vir pensionarisse
Kleredrag: Skemerkelkie/ Semiformeel
Kaartjies is beskikbaar by: www.quicket.co.za
Staan ’n kans om twee kaartjies vir Many faces of a Baritone te WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, antwoord die maklike vraag en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 25 April 2024