Aandag alle modebewustes en toonaangewers wat van die glanslewe hou en aan beroemde handelsmerke verslaaf is! Hier is n fantastiese kans om een van vyf Tom Ford– sonbrille ter waarde van R4 284 elk te wen!
Tom Ford is al jare lank ‘n stylikon wat die modebedryf help lei en vorm. ‘n Moderne aanslag en glansrykheid is kenmerke van al sy skeppings en produkte. Sy ontwerpe is uitdagend en innoverend en gee aandag aan detail. Hy gebruik eksklusiewe materiale en vakmanskap om die uniekheid van sy handelsmerk te beklemtoon.
Die Tom Ford-kernwaardes word in sy reeks brille weerspieël. Die brille word in Italië vervaardig en detail en gehalte is die fokuspunt. Die sonbrille en brille is ‘n kombinasie van vintage en eietydse style. Danksy die kenmerkende metaal-T is al die style onmiddellik herkenbaar.
Het jy geweet: Tom Ford is in Maart vanjaar as die voorsitter van die Raad van Modeontwerpers van Amerika aangewys.
Vir meer inligting kontak 011-334 7020. Volg hul op facebook en Instagram.
Bepalings en voorwaardes geld.
Kompetisie sluit 26 Augustus 2019.
[gravityform id=”480″ title=”true” description=”true”]