WEN ’n TANUR-diamantarmband van R65 990
Tanur Collection in die Victoria en Alfred Waterfront-winkel-sentrum in Kaapstad, bied ’n eksklusiewe juwelierservaring.
Dié gesogte handelsmerk het byna veertig jaar se kundigheid agter hul naam.
Hier kry jy ’n wye reeks wêreldklasdiamante en kosbare juweliersware waarvan die ontwerpe deur die Suid-Afrikaanse natuurskoon geïnspireer is.
In September 2018 is ’n opgeknapte Tanur Collection-winkel geopen. Die vertoonlokaal is ’n weerspieëling van alles wat dié luukse handels-merk inspireer: ’n ware spieëlbeeld van Afrika-lig, fauna, flora en eietydse energie.
Gedetailleerde werk onderskei Tanur Collection van ander juweliersware.
Tanur bied onder meer ’n verskeidenheid eksklusiewe juweliersware, internasionale horlosie-handelsmerke, ’n verskeidenheid los diamante en tanzaniet, asook ’n reeks Afrikastukke wat die ware hart en siel van ons pragtige vasteland vasvang.
Besoek die Tanur Collection en ervaar uitnemendheid in juweliersware.
Winkel 147, V & A Waterfront, Kaapstad.
Skakel 021 418 5524, besoek www.tanur.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected]
WEN ’n TANUR-diamantarmband van R65 990
Vraag: In watter stad kry jy ’n Tanur Collection-winkel?
Om in te skryf:
Stuur ’n SMS met jou antwoord, volle naam, adres en ID-nommer na 48409. SMS’e kos R1,50 elk.
Gratis SMS’e geld nie.
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitdatum: 30 November 2019.