Wen ’n Roete 62-avontuur. Foto’s verskaf.
Roete 62 is onlangs as een van die beste pad-avonture in die land aangewys. Hierdie epiese roete deur een van die mooiste dele van die Kaap is een van die wêreld se langste wynroetes en is gelaai met aktiwiteite vir diegene met ’n aptyt vir avontuur.
Een gelukkige wenner kan ’n elegante wynproe-toer vir twee by een van Suid-Afrika se grootste wynmakerye in familiebesit wen. Jy kan middagete eet by die Four Cousins gesinsrestaurant op die Van Loveren-wynlandgoed. Daar is ook huisvesting vir een nag by die enigste oorspronklike Art Deco Hotel in Suid-Afrika, die Montagu Country Hotel. Daarby kry jy ‘n unieke Amerikaanse droommotortoer. Dit alles ter waarde van R4 000!
Terme en voorwaardes geld en die prys kan na 1 Februarie 2019 opgeëis word. Vervoer na en van die hotel, wynlandgoed en restaurant en die toer en ekstra maaltye is nie by die prys ingesluit nie.
Cascade Country Manor is deel van die portfolio van die akkomodasie en aktiwiteitssentrums wat deur die eienaars self bestuur word aan die Kaapse landelike roetes.
Vir meer inligting oor die roete besoek www.capecountryroutes.com
Kompetisie sluit: 1 Februarie 2019
[gravityform id=”433″ title=”true” description=”true”]