Wen ’n ring ter waarde van R80 000!
Tanur Collection bied ’n wye reeks eksklusiewe juwele en internasionele horlosiehandelsname, asook ’n uitgesoekte reeks los diamante, tanzaniete en Afrika-stukke wat die gees van ons unieke vasteland vasvang.
Jy kan verseker wees van uitmuntende persoonlike diens wanneer jy hier aanklop.
Tanur Collection het ’n omvattende reeks konflikvrye edelstene en halfedelstene. As jy op soek is na die perfekte tanzaniet of vlekvrye diamant vir daardie spesiale ontwerp, of selfs vir beleggingsdoeleindes, is hier ’n wye reeks gesertifiseerde los stene beskikbaar.
Die pryse is ook baie mededingend. En as hulle nie het waarna jy op soek is nie, sal hulle dit binne 24 uur vir jou teen die fabrieksprys opspoor.
Tanur bied ook ’n ontwerpdiens wat eksklusiewe ontwerpe met edelstene, platinum of goud maak. Professionele juweliers sal jou help om jou idees in unieke juwele om te sit. Die uitmuntende goudsmede sal jou ontwerpe presies volgens jou spesifikasies maak. Afhangende van die ingewikkeldheid van die ontwerp, kan die juweel binne 24 uur voltooi wees.
Die ring wat gewen kan word, is eksklusief by Tanur Collection beskikbaar. Hierdie diamantring het ’n pavé-montering met ’n 1,73 karaat diamante, en het ’n klassieke ontwerp met bykomende lineêre, moderne kenmerke.
Die waarde van die prys is R80 000.
Een gelukkige leser kan ’n oorspronklike Tanur Collection-ring van 14 karaat geelgoud wen!
Hoe om te wen:
Stuur jou naam, van, selfoonnommer en adres met die woord TANUR in die onderwerpreël voor 21 April 2022 na [email protected]
Vir meer inligting, besoek www.tanur.co.za
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za