Wat die oormaaksessie insluit:
- Konsultasie met Hannon, waar hy jou haarstyl, haarkleur, en beste grimering gaan beplan.
- Nuwe haarsnit met die haarstyl wat jou op jou mooiste gaan laat lyk en jou gesig komplementeer.
- Nuwe haarkleur wat die beste by jou gelaatskleur gaan pas.
- Nuwe grimeervoorkoms met die HANNON-grimeerprodukte.
- HANNON-produkte ter waarde van R5 000 wat HANNON- velsorg-, haar- en grimeerprodukte insluit.
- ‘n Ligte middagete met verversings deur die dag.
- ‘n Volledige voor- en na-fotosessie met die Glam Guru-fotograaf.
- Jou oormaaksessie sal in die Glam Guru Studio in Linbro Park, Sandton plaasvind op ‘n datum wat jou en Hannon die beste sal pas en is afhanklik van Covid19-regulasies.
- Vervoer en akkommodasie sal vir jou gereël word.
- Jou oormaaksessie is onafhanklik van die Glam Guru-reeks en sal nie vir TV-uitsending verfilm word nie.
- Jou oormaaksessie se foto’s sal op die HANNON- Facebookblad en ander sosiale media gepubliseer word.
Wen
Stuur ’n kop-en-skouer- asook vollengtefoto van jouself tesame met jou naam, van, ouderdom, straatadres en selfoonnommer met HANNON ROOI ROSE in die onderwerpsreël voor 28 Januarie 2022 na [email protected]
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie.