Ons velle reageer op die veranderende seisoene. Begin deur aandag te gee aan hoe jou vel voel en lyk, en pas jou velsorgroetine versigtig daarvolgens aan om jou vel die liefde te gee wat dit nodig het.
Winter
Koue weer, binnenshuise verhitting en winde kan jou vel van vog stroop. Gebruik bevogtigende serums, moenie jou gesig te hard skrop nie, en hou aan om sonroom te gebruik. Soek na bevogtigende produkte met voedende olies en versagmiddels.
Somer
Hoë vogtigheid in die lug kan die pH se balans versteur wat tot verstopte porieë lei en jou vel droog maak. Gebruik ’n sagte skuimende of jelreiniger wat olie verwyder, gebruik sonskerm deur die dag en smeer vogroom aan in die aand. Soek na produkte wat nie so swaar is nie en wat antioksidante soos vitamien E bevat. Vermy enigiets wat jou porieë sal verstop.
E45 se nuwe velsorgreeks vir droë, sensitiewe velle en velle wat tot ekseem geneig is, het die antwoord vir elke seisoen. Dit is so ontwerp om jou vel vogtig, sag en soepel te hou.
Die nuwe E45-velsorgreeks is beskikbaar vanaf onafhanklike apteke asook uitgesoekte Clicks- en Dis-Chem-winkels. Die reeks is ook op Takealot beskikbaar.
Ter viering van die onlangse bekendstelling van E45 se velsorgreeks, gee ons ’n luukse geskenkpak ter waarde van R2 000 weg.
Die geskenkpak sluit alles in wat jy nodig het om jou velsorgreeks te voltooi. Dis perfek vir droë of sensitiewe vel of velle wat geneig is om ekseem te kry.
Wat is alles in die geskenkpak?
- ’n Pragtige toiletsakkie. Hierdie beperkte uitgawe wat van egte leer gemaak is, is plaaslik gemaak en het genoeg ruimte vir al die produkte wat jy tydens jou skoonheidsroetine gebruik.
- E45 Face Daily Protect Moisturiser (50 ml). Streel en beskerm jou vel daagliks met hierdie liggewigvogroom wat SPF30, UVA/UVB-filters en drie versagtende bestanddele bevat.
- E45 Face Night Cream (50 ml). Hernu jou vel oornag met hierdie intensiewe room vol antioksidante wat met vyf voedende olies geformuleer is.
- E45 Hydrating Face Serum (30ml). Ervaar ’n 48 uur-voghupstoot in ’n kits met hierdie sagte, nie-vetterige serum wat die vel 55% meer bevog laat voel.
- E45 Face Foaming Cleanser (150 ml). Maak jou vel versigtig skoon sonder om dit van natuurlike vog te stroop sodat dit pofferig, bevog en gevoed sal voel.
- E45 Lips and Dry Skin Balm (30 ml). Perfek vir gebarste lippe en dele van die vel wat droog is. Hierdie veelsydige salf is met goed gesuiwerde lanolien, vitamiene E en byewas gemaak vir intense bevogtiging en sagtheid.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 12 September 2024