Ervaar die skoonheidsrevolusie met L’Oréal Paris en hul produkte wat met hialuronsuur geformuleer is. Sê totsiens aan droë vel en hare en “hello” vir ‘n wêreld van bevogtigting en glans.
Revitalift Filler serum: Ontdek die krag van hialuronsuur om plooie te verminder en ‘n jeugdige gloed te verkry. Die Revitalift Serum gebruik die hidrerende eienskappe van hialuronsuur om jou vel binne net 1 uur weer plomp te maak*. Gebruik dit saam met die oogserum vir nog meer voordele.
Elvive Hydra Hyaluron sjampoe en opknapper: Transformeer jou haarsorgroetine met die magie van hialuronsuur. Die Elvive Hydra Hyaluron-reeks is spesiaal geformuleer om ontwaterde hare aan te spreek en laat dit voller en blinker lyk.
True Match onderlaag: Vind jou perfekte skakering-pasmaat terwyl jy die hidrerende voordele van hialuronsuur geniet. Geniet ‘n foutlose gelaat wat natuurlike skoonheid uitstraal en die hele dag hou.
Colour Riche lipstiffie: Geniet die luuksheid van plomp, gehidreerde lippe wat ‘n blywende indruk laat met hierdie hialuronsuur-lipstiffies.
Sluit aan by die skoonheidsrevolusie en omhels die opwinding van hialuronsuur-produkte van L’Oréal Paris. Maak gereed om jou innerlike glans te omhels en met selfvertroue enige seisoen met gehidreerde, plomp en glansende skoonheid aan te pak.
Staan ’n kans om ‘n hialuronsuur-geïnspireerde geskenkpak ter waarde van meer as R1000 te WEN!
Dit sluit die Elvive sjampoe en opknapper, True Match onderlaag, Color Riche lipstiffie, Revitalift Filler serum, en Revitalift Filler oogserum in.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 22 Mei 2024