WEN ’n lieflike Crème Classique-geskenkpak! – Inligting en foto’s verskaf
Crème Classique
Crème Classique het ’n spesiale reeks produkte wat tieners en volwassenes help om klaar te speel met aknee.
Dr. Hardie de Beer, ’n dermatoloog van Pretoria, het Crème Classique ontwikkel as ’n bekostigbare velsorgreeks vir daaglikse gebruik. Ingesluit in dié reeks is spesifieke produkte vir die behandeling van aknee, swart- en witkoppies.
Crème Classique se velsorgreeks is geskik vir alle velsoorte en kan deur die hele gesin gebruik word.
Die Crème Classique Cleanser is ’n seepvrye gesigwas wat help met die behandeling van aknee, sonder om die vel uit te droog.
Hierdie produkte kan – afhangend van die omvang van jou velprobleem – individueel of in kombinasie gebruik word om jou vel te genees en te herstel.
Crème Classique Acne Gel werk direk met die oliekliere wat sebum vervaardig – dus word die oorsaak van jou velprobleem behandel, nie nét die simptome nie. Wend eenvoudig net twee maal per dag dié jel na reiniging op probleemgebiede aan. Dit kan kan ook suksesvol gekombineer word met orale antibiotika.
Om jou vel se natuurlike kollageenvlak te herstel en letselvorming weens aknee te voorkom, wend die Crème Classique Evening Mask oornag aan. Dit bevat vrugtesure en sinkoksied wat die dermis binnedring en help om inflammasie te genees.
Vir geteikende behandeling, wend Crème Classique Spot Treatment aan. Dit bevat teeboomolie en sal aknee direk behandel sonder om die gesonde vel rondom die aknee te beskadig.
Vir ’n gladder, gesonde vel, gebruik Crème Classique Glycolic Acid Peel met glikoolsuur wat as afskilfermiddel dien.
Crème Classique se Safari Cleansing Bar kan op die gesig of lyf gebruik word en is ’n antibakteriese seep wat help met die bevordering van wondgenesing.
Jou vel is jou grootste orgaan en het net soveel hulp en ondersteuning van binne as van buite nodig.
Crème Classique Zinc Skin and Hair Supplement is ’n veilige multi-vitamien wat saam met isotretonion (voorgeskrewe medikasie vir aknee, byvoorbeeld Accutane) gebruik kan word, omdat dit nie Vitamien A bevat nie.
Produkte in die Crème Classique-reeks wat geformuleer is om velprobleme op te los, het Nappi-kodes, wat dit moontlik maak om doeltreffende akneebehandeling deur ’n mediese fonds spaarplan te bekom.
Crème Classique se velsorgreeks is beskikbaar by Dis-Chem en ander toonaangewende apteke. Volg Crème Classique op Facebook by facebook.com/cremeclassique of op Instagram by creme_classique_ of besoek www.cremeclassique.co.za vir meer inligting.
WEN ’n lieflike Crème Classique-geskenkpak!
Twee gelukkige rooi rose-lesers staan die kans om elkeen ’n lieflike Crème Classique-geskenkpak ter waarde van R1 710 te wen.
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 30 April 2020
[gravityform id=”533″ title=”true” description=”true”]