Die pas herontwerpte Hypervolt Go2 is liggewig en baie veelsydig. Die uitmuntendheid maak dat die toestel heeltemal op sy eie voete binne die perkussiewe masseerkategorie kan staan. As die beste draagbare masseerder om die welstandsmark te tref, is dit gebou om mense se beweegbaarheid met net vyf minute se behandeling per dag te verbeter.
Die Hypervolt Go 2 voltooi die maatskappy se reeks van perkussie-toestelle. Dit sluit in die Hypervolt 2 en Hypervolt 2 Pro wat onlangs van stapel gestuur is om gewone gebruikers en topatlete te help om hul stres en die knoppe in hul spiere met die palm van hul hand weg te masseer. As die Springbokke se amptelike vennoot in hersteltegnologie in Suid-Afrika asook die amptelike vennoot in hersteltegnolgie vir die wêreldwye Ironman-kompetisie, gaan Hyperice voort om mense te help om beter te beweeg en aan te hou om meer gereeld te doen waarvoor hulle lief is.
Vir meer as tien jaar, het Hyperice sonder ophou daarop gefokus om vernuwende produkte te ontwikkel wat mense regoor oor die wêreld sal help om beter te beweeg en te lewe. Vra maar net vir Selvyn Davids en Siviwe Soyizwapi van die Springbok Sewes-span wat gereeld hierdie stel produkte gebruik om hulle met hul herstel en voorbereiding te help. “Die Hypervolt Go 2 bied ’n unieke mengsel van prestasie en draagbaarheid vir dié verbruiker wat op hul welstand ingestel is,” sê Jim Huether, die hoof- uitvoerende beampte van Hyperice. “ Die Hypervolt Go 2 is vir die alledaagse dinamiese mens ontwerp en is ’n noodsaaklike welstandspasmaat – dis perfek vir almal wat by die huis of op die pad beweeg en wat elke dag op hul beste wil wees.”
“Die Hypervolt Go 2 is die resultaat van ons ‘ontwerp eerste’-benadering wat daaroor gaan om ’n produk te skep wat net so goed lyk as wat dit voel. Ons wou ’n produk ontwerp wat mense sal wil vat en orals waar hulle gaan sal wil gebruik,” sê Anthony Katz, die stigter en president van Hyperice. “Hierdie splinternuwe toevoeging tot die Hypervolt-familie bied aan meer mense meer keuse in meer plekke as ooit tevore.”
Welstand wat saam met jou beweeg
Die nuwe Hypervolt Go 2 het ’n gesofistikeerde ontwerp. Die minimalistiese voorkoms het ’n Arktiese grys afronding en dit voel ongelooflik in jou hand en op jou lyf. Dit is gebou om te hou, danksy materiale van hoë gehalte en intuïtiewe ergonomie. Die Hypervolt Go 2 is ontwerp om gerieflik saam te gaan waar ookal verbruikers beweeg en sluit die volgende eienskappe in:
- ’n Gepatenteerde QuietGlide®-tegnologie wat hierdie toestel omtrent tjoepstil laat werk.
- Verbeterde lugvloei en ventilasie.
- Nuwe LED-spoedsensors en terugdraaiknoppie
- Nuwe ergonomiese handvatsel.
- Batteryvlak- LED-band
- Drie spoedtipes met kragtige perkussie
Katz gaan voort: “Ons doelwit was van die begin af om ’n perkussiemasseertoestel in soveel hande as moontlik te plaas. Om dit te doen, moes ons voortgaan om produkte te ontwerp wat so toeganklik as moontlik vir die grootste moontlike groep verbruikers is. Ons het ook geweet dat soos die wêreld al hoe meer oop maak, gaan mense heelwat meer rond beweeg en ruimte is dikwels beperk. Hoe kleiner die toestel, hoe meer plekke kan jy dit neem en hoe meer sal jy dit gebruik. Hypervolt G 2 verteenwoordig die volgende stap om hierdie doelwit te bereik.”
“Op 50-jarige ouderdom en met 11 wêreldtitels, is ek nou by ’n plek in my beroep waar alles oor langdurigheid en om die mededingende voordeel te handhaaf,” sê Kelly Slater, professionele branderplankryer en ’n belegger in Hyperice se atlete. “Om op my beste te wees wanneer ek meeding, moet ek ook goed voel maak nie saak waar ek is nie. Ek verlaat daarom nooit my huis sonder die Hypervolt G2 nie. Dis wonderlik, want dis draagbaar, jy hoor dit omtrent nie, en dit kom in ’n sakkie sodat ek dit maklik kan gebruik of ek nou vir ’n groot geleentheid voorberei of net my alledaagse pyne en skete bestuur.”
Die Hypervolt Go 2 is teen R3999.00 beskikbaar by enige van die volgende kleinhandelaars: Takealot, Totalsports, CycleLab, The Pro Shop, Gear4U.co.za, EveryShop, Ebucks en Momentum Multiply. Vir meer inligting gaan na https://hyperice.co.za/products/hypervolt-go-2.
WEN ‘n Hypervolt Go 2-masseerder!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en Facebook en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 6 Maart 2023