Clicks, Suid-Afrika se voorste gesondheids-, skoonheids- en welstandkleinhandelaar stel graag Hello Sunday bekend. Dit is ’n bekroonde nuwe Britse SBF-velsorghandelsmerk wat 100% veganisties en ultra-liggewig is, en wat ook die hele jaar lank beskerming teen UVA-/UVB-strale en blou lig bied.
Hello Sunday se unieke SBF-formate kom in ultra-liggewigte, gemaklike, vel- én grimeringvriendelike teksture wat jy elke dag sal wil dra, van serums tot onderlaag. SBF is jou BFF teen sonskade en die tekens van veroudering. Met die eenvoudige doel om SBF deel van jou daaglikse velsorgroetine te maak, werk Hello Sunday se innoverende, top velsorgprodukte hard om die vel teen UVA-/UVB-strale, asook daaglikse aggressors soos blou- en infrarooi lig en besoedeling, te beskerm.
Die wreedheidsvrye, 100% veganistiese formules kombineer hoë sonbeskerming met die beste volhoubare velsorgbestanddele. Dit is geskik vir alle veltipes, alle velprobleme en alle seisoene. Hello Sunday is jou kortpad na gelukkige, gesonde vel, die hele jaar deur!
Die Hello-Sunday-velsorgreeks is eksklusief by www.clicks.co.za en by uitgesoekte Clicks-winkels landwyd beskikbaar.
Staan ’n kans om ‘n Hello Sunday-geskenkpak van Clicks te WEN!
Die prys sluit die volgende in:
· The Everyday One Face Moisturiser SPF 50, 50 ml: R229
· The Take-Out One Invisible Sun Stick SPF 30, 30 g: R259
· The Recovery One Glow Face Mask 50 ml: R259
· The Illuminating One Glow Primer SPF 50, 50 ml: R299
· The One for your Eyes Brightening & Lifting Mineral Eye Cream SPF 50, 15 ml: R239
· The One for your Hands Hand Cream SPF 30, 30 ml: R119
· The Retouch One Sun Face Mist SPF 30, 30 g: R299
· The One That’s a Serum Moisturising Serum SPF 50, 30 ml: R269
· The One for your Lips Lip Balm SPF 50: R99.99
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 16 April 2024