’n Ring
Tanur se versameling juwele is ’n weerspieëling van alles wat inspirerend en luuks is aan juweliersware, terwyl dit iets van die lig in Afrika, ons fauna en flora, en ’n moderne gevoel weerspieël.
Die maak van fyn juweliersware gaan met uitsonderlike vakmanskap gepaard. Elke Tanur-stuk word met presisie geskep en word deur Kaapstad se indrukwekkende natuurtonele en -skoonheid geïnspireer. Die ontwerpe is gedetailleerd en straal organiese vorm en vloei uit. Goud en edelstene uit Afrika word strategies aangewend.
Vier spesiale herinneringe en geleenthede met pasgemaakte juweliersware van Tanur.
Tanur is in die hartjie van die V&A Waterfront geleë en bied ’n wye verskeidenheid eksklusiewe juweliersware, internasionale horlosiehandelsmerke, ’n omvattende keuse van los diamante en tanzaniete asook ’n versameling stukke eie aan Afrika wat die gees van hierdie pragtige kontinent vasvang. Tanur is ook die amptelike kleinhandelaar van Blancpain, Breguet, Longines, Omega, Rado, Tudor en Tissot.
Die prys sluit ’n roos-en-witgoud-ring 18 karaat met diamante ter waarde van R80 000 in. Die ring se ontwerp is deur die natuur geïnspireer en dit verteenwoordig liefde en hoe liefde inmekaar vleg. Die veelvoudige elemente wat ’n verhouding opmaak word deur die gedetailleerde aksente van swart en wit diamante geïllustreer ter herinnering dat die liefde verskeie fasette het.
’n Leeftyd se herinneringe vasgevang
Wanneer jy kosbare lewensoomblikke wil vasvang, maar ook daarin wil verskyn, is PowerShot PX ideaal. Dit volg die aksie, raam dit intelligent en dit vang almal se natuurlike uitdrukkings op ’n kreatiewe manier vas. Wanneer jy so baie foto’s het om van te kies, help die slimfoon-toep jou deur baie oulik die beste foto’s en video’s voor te stel om te hou en te deel.
Vertrou die PowerShot PX om die mense en oomblikke in jou lewe vas te vang. Dit stel outomaties foto’s en video’s met ’n pan-gekantelde lens saam – terwyl jy voort kan gaan om net in die oomblik te wees.
Die PowerShot PX kan jy enige plek saam met jou neem danksy die USB-C laaibare en ingeboude Wi-Fi wat met jou slimtoestel verbind word. Wil jy meer beheer hê? Vra net, want dit word met jou stem geaktiveer.
PowerShot PX doen al die harde werk vir jou. Dis soos jou eie persoonlike fotograaf.
Die prys sluit ’n PowerShot PX-kamera van Canon ter waarde van R5 000 in.
Vier spesiale oomblikke met wyn
Vanaf die wêreldbekende Helderberg-streek van Stellenbosch kom ’n bekroonde reeks wyne wat na die Suid-Afrikaanse gholflegende, Ernie Els, genoem is en met groot kundigheid deur die wynmakerlegende, Louis Strydom, gemaak is.
Die uitstekende ligging waar Ernie Els-wynmakery gevind kan word, is met groot sorg gekies: Dit bied panoramiese uitsigte oor Kaapstad en Tafelberg in die weste terwyl Stellenbosch en die Helderberge na die ooste lê. ’n Deurgang verby hul groot granietrotse en plaasstyldeure van hout, sal jou na hul huislike en ruim proelokaal en restaurant lei waar jy met uitsonderlike wyne en hartlike kos beloon sal word. Die onlangse opknappings het die wynmakery in ’n ikoniese simbool van die Helderberg-streek omtower.
Die prys sluit 6 x 750 ml Big Easy Cabernet Sauvignon Rosé ter waarde van R135 per bottel in vir 12 opeenvolgende maande. Dit sluit komplementêre versending binne Suid-Afrika in. (Gemiddelde afleweringskoste: R165 per houer met ses bottels.) Slegs plaaslike versending binne Suid-Afrika.
’n Wegbreek vir twee
The Last Word Intimate Hotels & Safari Camps is ’n trots Suid-Afrikaanse hotelgroep wat hul bekroonde styl van “meer as net boetiek”-gasvryheid omarm. Dis vir hulle belangrik om hul gaste persoonlik te leer ken en verstaan sodat hulle die beste moontlike ervaring kan bied. Laat toe dat The Last Word jou heiligdom in die stad, wynlande, bos of langs die see wees. Hier kan jy jou kop afskakel en rustig raak terwyl jy ’n onvergeetlike tyd geniet waar nuwe vriendskappe oues raak. Verken ons versameling van intieme hotelle en safarikampe wat deur ’n familie besit word en wat jou heeltemal sprakeloos sal laat. Bederf jouself, beïndruk jou geliefde en laat jou familie hulself geniet. Wat ook al die rede is dat jy wil wegkom – hulle het ’n opsie vir jou. Laste Word sal jou tuis laat voel by hul “meer as boetiek”-toevlugsoorde wat in van Suid-Afrika se mees ikoniese liggings geleë is.
Madikwe Bush House is jou toevlugsoord reg op Afrika se beste watergat waar jy die Groot Vyf kan sien. Dis die jongste toevoeging en bied ongelooflike besienswaardighede reg voor die lodge. Last Word Madikwe bied ’n totale unieke safari-ervaring. Daar word twee keer per dag wildritte onderneem en dis gaste se gunsteling-aktiwiteit om die Groot Vyf op te spoor. Die lodge kyk op welige tuine uit wat grens aan ’n watergat. Dit is die bymekaarkomplek van troppe olifante, leeus, luiperds, buffels en wit- en swartrenosters, en heelwat meer. Jy kan dit aanskou terwyl jy ontspan en ’n drankie of iets te ete geniet. Last Word Madikwe se oorspronklike ondergrondse skuiling gaan tot by die watergat waar aspirantfotograwe die skoot van ‘n leeftyd kan vasvang. Die voëllewe is oorvloedig en hoewel jy heelwat verskillende spesies tydens die wildrit sal sien, is daar baie voëls wat die tuin besoek en jou vir ontbyt sal ontmoet. Daar is nie malaria in hierdie gebied nie.
Die prys sluit drie aande se verblyf by Last Word Madikwe Bush House vir twee mense wat deel in, tot die waarde van R54 000.
Voorwaardes en bepalings geld: Die prys kan tussen 1 Maart 2024 en 31 Augustus 2024 opgeëis word. Dit sluit lang naweke en openbare vakansiedae uit. Die volgende is nie in die prys ingesluit nie: alkoholiese drankies, bewaringsfooie, aankope by die geskenkwinkel, wasgoed, telefoonoproepe, fooitjies, vlugte en vervoer na en van die lughawe.
’n Romantiese wynproe plus twee nagte verblyf
Die Eikendal-wynlandgoed met sy kenmerkende gewels en fontein is ’n baken op die R44-pad tussen Somerset-Wes en Stellenbosch. Die landgoed, wat in die “Goue Driehoek” van wynbou geleë is, floreer in ’n berg en mikroklimaat naby die see. Dit is die ideale toestande om wyn van uitstekende gehalte te vervaardig.
Eikendal Lodge se elegante gebou is in die welige wingerde op die werkende wynplaas gebou, en dit bied nege pragtig ingerigte en suite-kamers, elk met ’n privaat balkon wat spog met skouspelagtige uitsigte oor die Helderbergreeks, ’n pragtige tuin en omringende wingerde. Wanneer jy by Eikendal aankom, word jy met ’n vriendelike, ontspanne atmosfeer begroet en na ’n rustige toevlugsoord weggevoer waar jou sintuie weer lewendig kan raak.
Gaste kan smul aan ‘n ontspanne al fresco-ontbyt langs die swembad, die romantiese gloed van die kaggel geniet, op ‘n staproete deur die wingerde gaan en hul kelder besoek om bekroonde wyne te proe.
By Eikendal Lodge is daar ’n gasvryheid en hartlikheid en poog hulle om gaste tevrede te stel.
Die prys sluit twee nagte se verblyf vir twee in ’n luukse kamer in Eikendal Lodge; 18 bottels van Eikendal se bekroonde wyne (dit sal in die vorm wees van drie gemengde kiste wyn wees, wat na Eikendal-wynlandgoedere se goeddunke uitgekies is); en ’n wynproe/wynparing vir twee by die Eikendal-proelokaal in. Dit alles ter waarde van R17 260.
Voorwaardes en bepalings geld: Besprekings is afhanklik van beskikbaarheid en sluit Januarie 2025 uit. Die wynproe/paring is afhanklik van die seisoen wanneer die prys gebruik word.
Die volledige prys ter waarde van R166 260 sluit in:
- ’n Roosgouddiamantring van Tanur ter waarde R80 000.
- ’n Powershot PX-kamera ter waarde van R5000.
- Rosé van Ernie Els Wines vir ’n volle jaar ter waarde van R10 000.
- Twee aande se luukse verblyf by Eikendal Lodge met ’n wynproe vir twee en 18 bottels wyn van Eikendal-wynplaas as geskenk alles ter waarde van R17 260.
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 22 Februarie 2024