WEN ’n geskenkpak van Hill’s Pet Nutrition
Keer jou woef se allergie
In Suid-Afrika is ons gelukkig om vir die grootste gedeelte van die jaar ’n matige klimaat te hê.
Maar wanneer die seisoen verander, is dit ’n skok op die gestel van diegene wat aan allergieë ly. Die meeste mense besef nie dat die mens nie die enigste is wat met allergieë sukkel nie. Honde ly ook daaraan.
Dr. Guy Fyvie, voedingsadviseur by Hill’s Pet Nutrition, sê dit is belangrik om nie van jou hond te vergeet as jy ’n strategie teen allergieë beplan nie.
Daar is ’n verskeidenheid goed wat jy kan doen om te keer dat jou hond ly. Die hond hoef nie met pyn en irritasie te sukkel nie, want daar is baie behandelingsmetodes wat die gejeuk, inflammasie en ongemak kan voorkom.
“Deur te beheer wat jou hond eet, maak jy seker dat hy ’n dik, blink pels het en dit verminder sy blootstelling aan allergene. Laat ook die regte toetse doen by jou veearts om vas te stel waarvoor hy allergies is. Dit sal verseker dat jou hond gesond bly en nie in die warmste maande van die jaar sukkel nie,” sê hy.
Lees meer by www.hillspet.co.za
Jy kan wen!
Ses lesers kan elk ’n geskenkpak ter waarde van R1 000 van Hill’s Pet Nutrition wen. Vul die onderstaande form in om in aanmerking te kom vir dié lekker geskenkpak.
Bepalings en voorwaardes geld.
Kompetisie sluit 15 Oktober 2019
[gravityform id=”483″ title=”true” description=”true”]