Ontdek ’n kundig vervaardigde, bekroonde de-alkoholiseerde wynreeks vanaf Van Loveren wat pasgemaak is vir ’n skoner lewe, nugter vieringe en gesinsvriendelike feestelike geleenthede. Almost Zero is 100% pret, geurig en dra by tot die geluk van die dag!
De-alkoholiseerde wyn is bo-aan almal se moet-Google-lys tans, en met goeie rede – dis ’n neiging wat steeds gewild bly! Vanaf toonaangewende Generasie Z-lede, wat nuuskierig is tot mense wat net daarvan hou om hul leefstyl skoon te hou sodat hulle hul beste lewe kan leef – daar is soveel redes waarom wyne met geen alkohol soveel tyd in die kollig geniet.
Alkoholvrye wyne werk byvoorbeeld vir enige sosiale geleentheid. Kom braai jou kind se maatjie se ouers by jou? Almost Zero is ’n veilige keuse. Kom eet jou swanger vriendin by jou? Kies dan Absolutely Zero! Hou jy ’n kuier vir jou medewerkers die dag voor ’n groot voorlegging? Kry daar vir jou ’n glas Almost Zero, ou maat!
In kort: Ons kan jou verseker dat hierdie drankies vir elke sosiale geleentheid werk. Plus, te danke aan Van Loveren, het jy nou ’n volle reeks heerlike nie-alkoholiese wyne om van te kies! Dit sluit Almost Zero en Absolutely Zero in.
Almost Zero se de-alkoholiseerde wynreeks sluit ’n wit- en rooiwyn asook ’n rosé in, wat maklik is om by enigiets van ’n lekker familiebraai tot ’n piekniek by die strand, ooievaarstee en meer te geniet!
RESEP: Heerlike bessieborrels (Absolute Zero Bubbly – Brut)
Gaan op ’n reis van borrels en vrugte met hierdie heerlike bessieborreldrankie, ’n vonkelwyn wat die ongelooflike Absolute Zero Bubbly – Brut bevat. Hierdie bruisende mengsel bring die varsheid van die Brut saam met die sappigheid van gemengde bessies (wat aarbeie, bloubessies en frambose insluit) saam. ’n Tikkie agave of esdoringstroop versterk die natuurlike soetheid hiervan, terwyl ’n skoot lemmetjiesap ’n pikante smaak tot die kombinasie voeg.
Tyd: 5 minute
2 porsies
Bestanddele:
- 250 ml (1 k) Absolute Zero Bubbly – Brut
- ½ k gemengde bessies (aarbeie, bloubessies, frambose)
- 15 ml (1 e) agave of esdoringstroop
- 5 ml (1 t) lemmetjiesap
- tiemietakkies en ’n paar lemmetjiesnye vir versiering
- ysblokkies
Instruksies:
- Meng Absolute Zero Bubbly – Brut in ’n menger – saam met die gemengde bessies, agavestroop en lemmetjiesap.
- Meng tot glad.
- Giet mengsel deur sif in glase met ysblokkies in.
- Versier met vars mentblare vir ’n vars smaak.
- Proe en geniet die heerlike bessieborrels soos jy die tyd tot die feestelikhede aftel! Die hele reeks is aanlyn beskikbaar by www.almostzero.co.za sowel as by uitgesoekte Pick n Pay-winkels, Checkers, Spar en Food Lover’s Market.
Vir meer inligting besoek www.almostzero.co.za
WEN ’n geskenkpak met ’n mengsel van alkoholvrye sjampanje en wyne genaamd Absolute and Almost Zero ter waarde van R2 000.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Die wenner moet in Suid-Afrika woon.
Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 5 Junie 2024