Die Gatineau Age Benefit-reeks is spesifiek ontwerp om gevorderde tekens van veroudering te teiken, soos plooie, oneweredige velkleur, verlies aan fermheid, dofheid, dehidrasie en pigmentasie.
Die Refining Multi Acid Peel verander jou vel met ’n gekonsentreerde (dog sagte) multisuurbehandeling wat vir 10 minute aangewend word.
Die aktiewe jel-behandeling, wat met ’n 10%-kompleks van AHA’s (insluitend glikol-, melk- en amandelsuur) geformuleer is, skrop die vel doeltreffend af en verwyder enige dooie selle wat die velkleur dof laat lyk, en skep ’n stralende en ligte gelaatskleur. Die vel lyk gladder en helderder, lyntjies en plooie lyk fyner, porieë is minder duidelik en die velkleur is egaliger. Dit bevat ook bisabolol wat die vel verder bevog, kalmeer en streel.
Die Hyperpigmentation Repair Serum is ’n kragtige, klinies bewese serum wat jou gelaat verbeter en só geformuleer is om pigmentasie te verminder, insluitend donker vlekke, ouderdomsvlekke, sonvlekke en ander merke.
Die Melting Cleansing Elixir is met ’n luukse, voedende tekstuur ontwikkel om grimering en onsuiwerhede moeiteloos weg te vee vir ’n bevogtigde, plomp en stralende vel. Hierdie hardwerkende formule bevat ertjiepeptied, hawerlipiede en alge-olie, en het ’n delikate spa-geur, vir ’n ongelooflike reinigingservaring. Die vel voel sag en gevoed daarna, en glad nie gestroop, styf of droog nie.
Een gelukkige leser kan die Gatineau Age Benefit-geskenkpak ter waarde van R3 670 WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Volg gerus Gatineau op Instagram en Facebook.
Voltooi die onderstaande vorm om in te skryf:
Sluitingsdatum: 3 Desember 2024