WEN ’n Diego dalla Palma Professional-geskenkpak! – Inligting en foto’s verskaf
Internasionaal is Diego dalla Palma Professional sinoniem met velsorgprofessionaliteit. Navorsing en ontwikkeling in samewerking met dermatologiese en farmaseutiese fakulteite aan die voorste internasionale universiteite sorg dat hedendaagse en toekomstige velsorgterapeute die mees gevorderde produkte en behandelingsmetodes tot hul beskikking het. Die jongste toonaangewende kosmoseutiese bestanddele, gekombineer met natuurlike plantekstrakte, word gekies vir hul spesifieke aksie ten einde beter resultate te verkry tydens behandeling en om die beste sorg te bied vir elke individuele klient se veltipe en -toestand.
Body Bioenergy, die nuwe Diego dalla Palma Professional-reeks, het ontstaan uit die balans tussen liggaam en siel en die energie wanneer die twee saamgevoeg word. Dis geskep om liggaamlike skoonheid te beklemtoon en as teenvoeter te dien vir die minder perfekte verskynsels soos selluliet, gelokaliseerde vetsug en ’n verlies aan tonus, en is gebaseer op PNEI, oftewel die estetiese sielkunde van die liggaam.
PNEI is die wetenskap wat die antieke en hedendaagse Oosterse en Westerse kennis kombineer. Dit is wetenskap wat die liggaam en gees met mekaar verbind, en analiseer die interaksies tussen die psige en die omgewing, vel en inwendige organe. Sodoende fokus dit op die oorsaak van die tekortkominge eerder as net op die estetiese.
’n Interaksie van stelsels wat in konstante kommunikasie is, vorm die basis van PNEI: die senuweestelsel (N), die endokriene stelsel (E) en die immuunstelsel (I) word elkeen gevorm deur ’n groep selle, en kom in onderhuidse vetweefsel voor. Hierdie stelsels kan mekaar beïnvloed en terselfdertyd die psige (P) affekteer, wat op sy beurt weer die verskillende stelsels beïnvloed.
Hierdie intelligente bio-energie netwerk sorg vir lewe, verbeter liggaamlike en velskoonheid en verseker individuele welstand.
Tekortkomings wat verband hou met selluliet of gelokaliseerde vetsug word veroorsaak deur ’n wanbalans in die kommunikasie netwerk tussen die neuronale stelsel (sensitiewe eindpunte), endokriene stelsel (vetsel) en immuunstelsel (bloed en limfsirkulasiestelsel waar die boodskappers sirkuleer wat inflammasie reguleer).
’n Lyf wat in harmonie is, benodig ’n balans tussen ons stelsels ten einde korrekte kommunikasie en vryvloeiende energie te verseker.
Diego dalla Palma Professional is beskikbaar by uitgesoekte spa’s en salonne landswyd.
Kontak 021 701 2900 vir meer inligting, en volg Diego dalla Palma Professional op Facebook en Instagram.
WEN ’n Diego dalla Palma Professional-geskenkpak!
Een gelukkige rooi rose-leser staan die kans om ’n lieflike Diego dalla Palma Professional-geskenkpak ter waarde van R3 035 te wen!
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 31 Maart 2020
[gravityform id=”527″ title=”true” description=”true”]